Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Slagoffers van ongeluk se name bekend

Twee slagoffers wat Saterdag dood is in ’n motorongeluk buite Oudtshoorn in die Klein-Karoo is geïdentifiseer.

Jacklin Prinsloo Foto: Facebook
Bertrum Michaels. Foto: Facebook

Hulle is Jacklin Prinsloo (26) en Bertrum Michaels (21) van Oudtshoorn.

Volgens Wes-Kaapse verkeersowerhede het die ongeluk Saterdag om 00:20 op die De Rust-pad sowat 8 km buite Oudtshoorn plaasgevind toe ’n Volkswagen Citi Golf teen ’n padversperring gebots het. Twee passasiers, Michaels en Prinsloo, is op die toneel dood.

Hulle was na verneem word deel van ’n groep vriende wat onderweg was huis toe. ’n Derde man (18) is na verneem word met beserings in die George-hospitaal opgeneem. Geen ander voertuie was betrokke nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. Die families kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.