Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Slagoffers van plaasaanvalle se gebede gelees

Slagoffers van plaasaanvalle voel gewoonlik baie skuldig omdat hulle twyfel in hul geloof en mans ervaar skuldgevoelens oor hoe hulle hul vrouens kon beskerm het.

Só het Hennie Human, ’n predikant en trauma-ondersteuningsbeampte by AfriForum Vrydag gesê toe hy drie slagoffers van plaasaanvalle se gebede voorgehou het.

Dit was tydens ’n biduur wat deur Pretoria FM en verskeie gemeenskapsradiostasies uitgesaai is.

“Die eerste (gebed) is (van) ’n slagoffer van ’n plaasaanval en hy het so geskryf: My Here en my God, ek is vanaand op my knieë voor U. Ek voel alleen en ek dors na U nabyheid, Heer. Here, U ken die gebede van die bose tyd, as ek op my bed gaan lê. As Wagter se geblaf my laat regop sit en angstig luister waarvoor hy blaf. As die slaap my ontwyk en môre soos ’n berg voor my lê. My krag het my verlaat, en selfs ’n bord geliefde kos stoot ek weg. Wat maak sin in my verwarde lewensbaan. Heer, kom maak my heel.”

En wanneer die plaasaanval eindig in ’n moord is hierdie ervarings net soveel erger.

Ná ’n plaasaanval neem dit gelowiges baie lank om na normaal te herstel en te weet God was daar, het Human voor die gebede gesê.

“Hulle voel gewoonlik baie skuldig omdat hulle twyfel. By mans kry ons baie skuldgevoel oor hoe hulle hul vrouens kon beskerm het.”

Van die emosies wat hulle beleef is depressie, buierigheid, woede en angstigheid.

“En wanneer die plaasaanval eindig in ’n moord is hierdie ervarings net soveel erger.”

Daarom het hulle by AfriForum se trauma-eenheid die versoek aan luisteraars en die gemeenskap gerig om vir slagoffers van plaasaanvalle en -moorde te bid.

Hy het ’n skrifgedeelte uit Psalm 42 gelees en die klaagliedere gebruik om ’n ooreenkoms tussen die Psalmdigter se vertwyfeling met slagoffers s’n te trek.

“Ek wil trane stort oor my omstandighede. Here, is U regtig die God wat my rots is?

“In die tweede deel kom hy met ’n baie mooi belydenis en korrigeer hy sy twyfel en sê hy sy twyfel gaan oor in ’n vertroue in God.

“Hy is en Hy bly my Rots. Hy is my helper en my God, vertrou op Hom.”

Human het gesê die slagoffers van plaasaanvalle asook die luisteraars wonder hoeveel golwe van verwarring en onsekerhede mense nog moet verdra.

“Dan sê die Psalmis vir ons wanneer ons dink ons gaan oorspoel word, bly God steeds daar. Dit is ons ook. Hy bly teenwoordig.”

Human het gesê dis ’n baie belangrike hoop om aan vas te hou.

Hy het ook gepraat oor die trauma wat slagoffers deurgaan met ’n plaasaanval.

“Die slagoffers vertel hoe hulle nie meer kan slaap of eet nie weens die trauma wat hulle beleef het.”

Sosiale interaksie kry ’n knou en so by hul verhoudings in die slag.

“Hul gesinslewe word beïnvloed want die kinders word ook direk deur hierdie gebeure geraak.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.