Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Smokkelaars van perlemoen op plaas vasgetrek

Twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Wolseley verskyn nadat die Valke sowat R970 000 se perlemoen in hul besit op ’n plaas in die Kaapse Wynland-distrik gevind het.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes, onderskeidelik 25 en 35 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne oortree het.

Die Valke se ondersoekeenheid vir georganiseerde misdaad het saam met misdaadintelligensie, die spesiale taakspan en beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye ’n klopjag op die plaas uitgevoer.

“Hulle het afgekom op nat en gedroogde perlemoen met ’n geraamde straatwaarde van R970 000 en dit gekonfiskeer. Uitdroogtoerusting wat gebruik word om die perlemoen te verwerk en ’n ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie is ook gevind,” het Hani gesê.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van onwettige perlemoenverwerking en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Meer oor:  Valke  |  Wolseley  |  Wes-Kaap  |  Perlemoen  |  Perlemoenstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.