Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SMS, wen jou eie kajuit Oppiwater

’n Gelukkige Beeld-leser kan vandag in die blitskompetisie sy eie kajuit, vir twee mense wat deel, in die luukse MSC Musica wen en so RSG en Lefra se Oppiwater Kunstefees van 15 tot 19 April beleef.

Amore Bekker is een van die RSG-omroepers wat die fees meemaak.

Die prys ter waarde van meer as R25 000 sluit in:

  • ’n Binnekajuit vir twee persone wat deel.
  • Vyf maaltye per dag.
  • Retoervliegtuigkaartjies van Johannesburg na Durban vir twee persone.
  • Kaartjies na die 25 verskillende produksies.
  • Sakgeld van R4 000.
  • Vervoer van die lughawe na die MSC Musica en terug.
  • Skemerkelkie saam met van die kunstenaars en organiseerders van die fees.

Die Oppiwater Kunstefees spog vanjaar met meer as 25 verskillende teaterproduksies wat wissel van drama, komedie, sang, musiek en ook die musiekblyspel, Buddy – the Buddy Holly Story. Sandra Prinsloo en Franci Swanepoel tree op in Soebatsfontein.

Lizz Meiring, Margit Meyer-Rodenbeck is in Drie susters te sien. Die akteur Wynand van Vollenstee, hy is tans as die karakter Gielie in Ouboet en Wors op kykNET te sien, maak sy debuut as eenmanspeler in Grotman 2 op die fees. Die volledige kunstefeesprogram is beskikbaar by www.oppiwater.co.za.

Om aan die leserskompetisie deel te neem, moet lesers die volgende SMS na 33000 stuur: Lefra Beeld Oppiwater. Naam en van. Stad of dorp.

Wynand van Vollenstee in Grotman.

Die sluitingstyd vir deelname is reeds 14:00 vandag. Die wenners sal vanmiddag nog ingelig word, sodat die reisadministrasie vir Maandag se vertrek kan begin.

Ingevolge die kompetisiereëls moet wenners ouer as 18 wees en geldige paspoorte hê. Wenners is self verantwoordelik vir enige ander persoonlike uitgawes as hierbo beskryf, soos drankies.

Diegene wat nog self hul eie betaalde plek wil bespreek, kan dit doen by 087 630 0333 of aanlyn by www.oppiwater.co.za. Vir meer inligting skakel Monica by 0118153000 of e-pos aan oppiwater@rsg.co.za.

Meer oor:  Oppiwater Kunstefees  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.