Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Só gaan sterftesyfer op W-Kaapse paaie verminder
Kenny Africa, provinsiale verkeershoof en Donald Grant, die LUR van vervoer en openbare werke het Maandag die verkeersdepartement se planne bekendgemaak om die sterftesyfer op die Wes-Kaapse paaie hok te slaan .Foto: Jaco Marais

Die Wes-Kaapse verkeersdepartement gaan hom die Paasnaweek toespits op openbare vervoer en moegheid om die sterftesyfer op dié provinsie se paaie te verminder.

Sy visier gaan ook op dronkbestuur, spoed, oorlaaide voertuie en die gebruik van selfone val.

So het Donald Grant, LUR vir vervoer en Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, Maandag tydens ’n media-inligtingsessie in Kaapstad gesê.

Die gemiddelde padsterftes die afgelope vyf jaar tydens die Paasnaweek is 27.

“Natuurlik hoop ons vir ’n 0% sterftesyfer, maar sedert 2010 het ons ’n 30% afname in sterftes gehad,” het Grant gesê. “Ons het tans ’n gemiddeld van 27 sterftes oor ’n vier dae tydperk en ek wil ten minste sien dat dié getal met 50% afneem.”

Die departement sal van handtoestelle en die kameras in die verkeersvoertuie gebruik maak.

Daarmee sal hulle daagliks openbare vervoer-voertuie monitor wat vanaf Kaapstad na die Oos-Kaap ry.

“As ons byvoorbeeld agterkom dat ’n taxibestuurder te veel op en af tussen die twee provinsies gery het, dan sal die stelsel vir ons aandui dat daardie voertuig vir die derde of vierde keer ry. Beamptes sal die taxi stop en die bestuurder laat slaap, indien dit nodig is,” sê Africa.

“Mense vergeet om te stop na elke 200 km of twee ure omdat hulle haastig is om by hul bestemming uit te kom. Dan (as hulle dit wel doen) sal moegheid en ongelukke minder voorkom,” sê hy.

Daar is ook kameras vanaf Aberdeen tot 17 km voor Beaufort-Wes, op die R27 weskuspad en ook op Sir Lowry’s-pas vanaf Gordonsbaai tot by Houwhoekpas.

Die departement sal ook van die ASOD-kameras (Average Speed Over Distance) vanaf Drie Susters, wat deur Beaufort-wes, Leeu-Gamka, Laingsburg tot by Touwsrivier gaan, gebruik maak.

Africa sê daar is ook kameras vanaf Aberdeen tot 17 km voor Beaufort-Wes, op die R27 weskuspad en ook op Sir Lowry’s-pas vanaf Gordonsbaai tot by Houwhoekpas in die Overberg.

Africa sê hulle gaan ook bestuurders vir spoed vang. Hy sê hulle sal hulle ook toespits op die gebruik van selfone deur bestuurders, wat die nommer een oorsaak van sterftes op die paaie is.

“As jy met ’n selfoon in die hand betrap word terwyl jy bestuur, sal jou selfoon gekonfiskeer word. Jy sal dit eers na 48 uur kan terugkry en ook nadat jy ’n boete van R2 500 betaal het,” sê hy.

Africa sê sy departement sal ongeveer 520 beamptes tydens die Paasnaweek aan diens hê en hulle is ook die enigste verkeersdepartement in Suid-Afrika wat 24 uur aan diens sal wees.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Padsterftes  |  Paasnaweek  |  Padveiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.