Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Só kul ene mnr. Lood drie kasmakers op een dag

“Daar staan ons toe op die verlate vlakte. Drie mans wat kaste inbou en op soek is na ene Mnr. Lood. En ek kan nie help om te dink ek is gescam nie.”

Wilko Visagie, ’n kabinetmaker van die Strand in die Wes-Kaap, sê hy en nog twee kabinetmakers is bedrieg deur ’n man wat hulle al drie gevra het om kaste te kom insit op “sy plaas naby Philadelphia”.

Ene mnr. Lood het Visagie Maandag gebel en gesê hy het vier woonstelle op sy plaas aangebou. Hy wil kaste laat insit en Visagie moet dit doen.

Die twee het afgespreek om mekaar Dinsdagoggend op die Philadelphia-pad te ontmoet, 15 km van waar ’n mens afdraai van die R302 (die Malmesbury-pad) afdraai.

Lood sal daar wag met sy rooi Jeep Rubicon, want daar is nie ’n naambord vir sy plaas nie, is aan Visagie gesê.

“Dinsdagoggend agtuur bel Lood my en vra hoe lyk my program. Ek sê ek sal so tienuur by hom wees. Hy antwoord dat hy tussen tienuur en elfuur klaar is met sy melkery, en ek begin toe ry,” sê Visagie.

Dit is hier waar dinge begin interessant raak, want Visagie kry ’n oproep van Lood dat sy vrou, “tant Stefanie”, kwaai is, want sy wil lone betaal, maar sy het nie lugtyd nie. Lood vra Visagie om twee lugtyd-koopbewyse van R275 te koop. “Hy vra toe of ek biltong eet. Nou wie eet nie biltong nie? Lood sê die tannie sal sommer vier lekker stukke uitsoek as ek op die plaas is,” sê Visagie.

Die man vra of ek mnr. Lood is, en ek sê nee. En ek kan toe nie help om te dink ek is gescam nie.
Wilko Visagie

’n Ruk later bel Lood weer vir Visagie en vra of hy solank die kodes vir die lugtyd kan kry, dan kan “tant Stefanie” dit gebruik en die lone klaar te betaal.

Hy gee die kodes en ry verder, maar kry geen rooi Jeep Rubicon langs die pad nie. Hy bel Lood en dié sy hy het hom seker net gemis; hy is op die pad.

Visagie sê hy ry toe terug op die pad, maar sien niks. Toe hy weer bel, is Lood se selfoon af.

Visagie ry hierna terug in die rigting van die hoofpad en ’n man in ’n silwer Passat hou langs hom stil.

“Die man vra of ek mnr. Lood is, en ek sê nee. En ek kan toe nie help om te dink ek is gescam nie,” sê Visagie.

Visagie vra die man toe of Lood ook met hom onderhandel het oor ingeboude kaste en of hy gevra is om lugtyd te koop. Hy sê ja, maar hy het net R110 by hom gehad. Hy is ook intussen gebel om die kode vir die lugtyd te gee.

“En daar op die verlate vlakte stop nog ’n motor. Dit is ’n ander kabinetmaker van die Strand wat ek ken. Ek sê vir hom ek neem aan hy soek ook na mnr. Lood. En hy antwoord ja. Hy het R700 se lugtyd gekoop,” sê Visagie.

Hy het Lood se selfoonnommer intussen met die hulp van ’n skuldinvorderaar nagegaan, maar dit is glad nie Rica-geregistreer nie.

Visagie waarsku mense dat die man met die skelmstreke dalk ook met heel ander stories vorendag kan kom, maar sodra hy selfoonlugtyd begin vra, moet mense op hul hoede wees.

Visagie sê aan die man se stem skat hy dat hy in die 50 of 60 is. Hy praat stadig en sê “dankie, hoor” as hy die gesprek afsluit.

Meer oor:  Philadelphia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.