Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Só lyk nat Vrystaat uit lug

So dor as wat die noordwestelike deel van die Vrystaat sedert 2012 was, so nat is dit nou.

Die uitwerking van die afgelope maand se reën is eers duidelik wanneer ’n mens die voorreg het om die gebied uit die lug te sien.

Die Aldam buite Ventersburg het vandeesweek oorgeloop, die eerste keer sedert Januarie 2011. Foto: Alet van der Walt

Strome en riviere is in vloed terwyl plaasdamme, panne en vleilande die gebied in ’n waterryke oase omtower.

Andries Labuschagne, hoof van die Sandvet-waterskema, sê die Erfenisdam buite Theunissen is tans 123% vol.

Dit is die derde hoogste oorvloei in die dam se bestaan, sê Labuschagne.

In 1967 was die dam 130% vol en in 1988 was dit 140% vol.

Labuschagne sê die Erfenisdam se opvangsgebied lê in Marquard, Excelsior en Tweespruit.

Goeie reën die afgelope maand het die noordwestelike deel van die Vrystaat in ’n waterryke oase verander.Foto: Alet van der Walt

Die dam word deur die Leeu-, die Kleinvet- en die Grootvetrivier gevoed.

Die Aldam buite Ventersburg was die afgelope week 102% vol, sê Labuschagne.

Dié dam het volgens hom laas in Januarie 2011 oorgeloop.

Labuschagne sê die Sandvet-skema kan nou alle waterbeperkings ophef en behoort vir die volgende twee jaar goeie waterkwotas aan boere en ander verbruikers te kan toestaan

“Almal is baie dankbaar, dit blaas sommer nuwe lewe in die gemeenskap,” sê hy.

“Boere is opgewonde om water te hê vir koringaanplantings.”

’n Vloedvlakte het gevorm waar die Sand- en die Vetrivier ontmoet. Foto: Alet van der Walt

So ver as wat die oog uit die lug kan sien, is panne, gronddamme, vleilande, spruite en riviere vol water.Foto: Alet van der Walt
Die Koolspruit wat na die Aldam vloei.Foto: Alet van der Walt
Goeie reën in die gebied om Welkom laat die boere juig. Foto: Alet van der Walt
Meer oor:  Vrystaat  |  Droogte  |  Reënval  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.