Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Só lyk webtuiste van klub waar James Small glo dood is

Jagtogte en enige ander reistogte wat jou hart begeer. Dit is van die vele dienste wat The Harem in Bedfordview aan sy kliënte bied.

Volgens Rapport is James Small kort voordat hy Dinsdagaand dood verklaar is, kaal en bewusteloos in ’n seksklub gekry. The Harem is glo die klub waar dié geliefde en soms omstrede oud-Springbok sy laaste oomblikke deurgebring het.

Die nuus van sy dood het op 10 Julie bekend geword.

Rapport berig dat sy verslaggewer verlede week ure lank deurgebring het saam met iemand wat baie goed met die dramatiese middernagtelike gebeure rondom Small se aankoms by die Life Bedford Gardens-hospitaal in Bedfordview vertroud is. Die hospitaal is glo minder as ’n kilometer van The Harem af, waar die dienste van gesellinne aangebied word.

The Harem
The Harem se hoofingang soos uit die straat gesien.
Netwerk24
The Harem
Die klub is in Bedfordview aan die Oos-Rand geleë.
Netwerk24

Van die dienste sluit in plaaslike en internasionale reistogte en ook jagtogte.

“En enige jagtog wat jy begeer,” lui die webtuiste.

Foto’s van halfkaal meisies wat in verskeie uitlokkende onderklere asook verskeie tema-klere soos cowgirls en pitgirls te siene is, pryk op die klub se webtuiste.

Daar is ook pakkette vir spesiale dienste asook ’n profiel van elke meisie op die webtuiste, asook elke gasvrou se voorkeure.

En daar is iets vir almal. Indien jy wil sien hoe die huis lyk, is daar ’n fotogalery van al die kamers asook die ontspanningslokale. Die kroeg en ook foto’s van sigare word vertoon.

Daar is ook ontkleedansers en dienste vir paartjies. Kliënte kan ook vir ’n vrou-met-vrou- of BDSM-ervaring betaal. BDSM staan vir bondage, discipline, sadism and masochism (sadomasochisme en onderworpenheid).

Small is glo by die hospitaal afgelaai en is later dood verklaar. Hy is vermoedelik aan ’n hartaanval dood.

Small se begrafnis sal Donderdag, op oudpres. Nelson Mandela se verjaardag, om 14:00 by The Deck by die Wanderers-rugby-klub in Johannesburg gehou word. Die familie sê daar sal vir die publiek op een van die onderste velde plek gemaak word.

Een van die slaapkamers in The Harem. Foto: theharem.co.za
’n Masseertafel. Foto: theharem.co.za
Een van die sitkamers waar die gaste kan ontspan. Foto: theharem.co.za
Die kroeg. Foto: theharem.co.za
’n Bottel sjampanje is ’n geskenk wanneer ’n skuimbad geneem word. Foto: theharem.co.za
Die ontspanningsarea by die swembad. Foto: theharem.co.za
Die ontspanningsarea. Foto: theharem.co.za
Die ontspanningsarea. Foto: theharem.co.za
Die sitkamer binne The Harem in Bedfordview. Foto: theharem.co.za

Meer oor:  Bedfordview  |  The Harem  |  James Small
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.