SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
Soektog na 3-jarige in Limpopo lewer nog niks op
Ndiwakhonadzeo Mukhwathi (3) is sedert Maandag weg. Foto: VERSKAF

Die polisie in Limpopo sal aanhou soek totdat hulle die driejarige kleuter opspoor wat sedert Maandag vermis word.

Ndiwakhonadzeo Mukhwathi het saam met sy maats op ’n oop stuk veld in die Khubvi-nedersetting buite Thohoyandou gespeel en die volgende oomblik was hy skoonveld, sê sy familie.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n groot soektog is al Maandagmiddag na die seun begin.

Die polisie se soek-en-reddingseenheid, die honde-eenheid en die plaaslike polisie fynkam die gebied.

Mojapelo sê die dig beboste gebied asook verlate huise en geboue is deursoek. Daar is ook in oop putte en langs die Mudaswali-rivier na hom gesoek.

Die polisielede het ook van huis tot huis gegaan om te hoor of iemand die seuntjie gesien het.

Die soektog moes Dinsdag vir ’n wyle gestaak word weens swaar reën wat oor die gebied uitgesak het.

Die polisie en inwoners van Thohoyandou soek na die vermiste driejarige seuntjie. Foto: SAPD
Die polisie en inwoners van Thohoyandou soek na die vermiste driejarige seuntjie. Foto: SAPD

Mojapelo sê die soektog is vroeg Woensdag hervat. Teen Donderdagmiddag het die polisie nog nie die seuntjie gevind nie.

Hy was geklee in ’n donkerblou sweetpakbroek toe hy verdwyn het. “Ons vra die gemeenskap om ons tyd te gee om die soektog te voltooi. Mense moet asseblief nie gewelddadig raak omdat hulle ongeduldig oor sy verdwyning is nie,” sê Mojapelo.

Enigiemand met inligting oor die seun se verdwyning kan sers. Makhavhu by 076 440 4336 of by 015 960 1076 bel. Die polisie se noodnommer, 10111, kan ook geskakel word.

*Die soektog na die seun kom enkele dae nadat Mighty Baloyi (1) in ’n boorgat buite Tzaneen geval het. Soek-en-reddingspanne het langer as 36 uur onverpoosd na hom gesoek. Sy lyk is vroeg Maandagoggend in die boorgat gekry.

Die Mopani-distriksmunisipaliteit stel tans ondersoek in oor hoekom die diensverskaffer, wat die boorgat al in 2016 gesink het, dit nooit behoorlik toegemaak en beveilig het nie, sê Witness Thiva, munisipale woordvoerder.

Die polisie se honde-eenheid word ook ingespan om na die driejarige seuntjie van Thohoyandou te soek. Foto: SAPD

Meer oor:  Ndiwakhonadzeo Mukhwathi  |  Limpopo  |  Thohoyandou  |  Soektog  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.