Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Soektog na 6-jarige in Mt. Fletcher Maandag hervat

Die soektog na die sesjarige Masixole Molekoa, wat die afgelope week deur ’n rivier in die Oos-Kaap meegesleur is, sal Maandag hervat.

Masixole is die laaste vermiste laerskoolleerling van ’n groep van ses wat Woensdag deur die Freyistata-rivier in Mount Fletcher meegesleur is.

Die polisie het Donderdag die lyke van vier leerlinge tussen die ouderdomme van ses en agt jaar uit die rivier gehaal.

Kapt. Khaya Tonjeni, provinsiale polisiewoordvoerder, sê gemeenskapslede het tydens hul eie soektog laat Vrydagmiddag die vyfde lyk, dié van Boitumelo Lebenya (8), aangetref.

Tonjeni sê die polisie het hul soektog na die laaste leerling Saterdagmiddag om 15:00 opgeskort, as gevolg van die stygende vlak van die rivier weens die voortdurende reën in die gebied.

“Die soektog is opgeskort om die water te laat daal. Die soektog sal Maandag voortgaan,” het Tonjeni gesê.

Masixole is deel van die groep leerlinge van die Popopo Primary School wat Woensdagmiddag die rivier probeer oorsteek het, terwyl hulle op pad huis toe was ná skool.

Die rivier was na bewering in vloed en die leerlinge het in die moeilikheid beland. Gemeenskapslede het spoedig ingespring om die leerlinge te red, maar ses van die leerlinge het onder die water verdwyn.

Die rivier was na bewering in vloed en die leerlinge het in die moeilikheid beland.

Intussen is planne om ’n brug oor die Freyistata-rivier te bou, Saterdag deur Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, aangekondig.

Netwerk24 het vroeër berig die minister het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gemagtig om die Matatiele-munisipaliteit te besoek ter voorbereiding en beplanning vir die konstruksie van die brug.

Joy Nonzukiso Peter, Mapisa-Nqakula se woordvoerder, het gesê hoewel dit nog onseker is presies wanneer bouwerk aan die brug sal begin, het sy benadruk die situasie word as ’n prioriteit hanteer.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.