Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Soektog na Anothando (3) in Houtbaai duur voort

Die soektog na die driejarige Anothando Mhlobo, wat Maandag voor sy ouerhuis in die Imizamo Yethu-nedersetting verdwyn het, duur voort.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het Vrydag bevestig dat Anothando nog nie gevind is en die ondersoek na sy verdwyning duur voort.

Klein Anothando Mhlobo word sedert Maandagmiddag vermis.

Die seuntjie het saam met ander kinders gespeel voordat hy spoorloos verdwyn het. Hy was ten tyde van sy verdwyning in ’n vlootblou-rooi-en-wit sweetpakbaadjie, ’n vlootblou-en-rooi sweetpakbroek en Spiderman-reënstewels geklee.

’n Gesamentlike operasiesentrum wat deur die polisie en ander rolspelers beman word, is Woensdag in Houtbaai ingerig om die soektog na Anothando te koördineer, berig Maygene de Wee.

Die soektog na Anothando het Woensdagmiddag in alle erns begin toe meer as 1 000 inwoners van oor Houtbaai heen na die seuntjie begin soek het.

Kenny Thokwe, ’n inwoner van Imizamo Yethu en ’n gemeenskapswerker, sê mense het sedert Woensdagaand hul hommeltuie in die soektog na Anothando ingespan. ’n Inwoner het Donderdagoggend ook ’n ligte helikopter beskikbaar gestel.

Inwoners van Houtbaai soek Donderdagoggend na die vermiste driejarige Anothando wat Maandag voor sy ouerhuis verdwyn het. Die soektog het op die vleigebied rondom die Houtbaairivier gefokus. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Houtbaai  |  Soektog  |  Vermiste Kind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.