Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Soektog na meisie (8) en man in kanaal hervat

Die soektog na ’n agtjarige meisie wat in ’n kanaal in Belgravia in Athlone geval en ’n man wat haar probeer red het, is Vrydagoggend voortgesit.

Die reddingsoperasie moes Donderdagmiddag weens gure weer opgeskort word.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdienste in Kaapstad, sê hul spanne sal die polisieduikers in die soektog bystaan.

Volgens Carelse is hul spanne Donderdag om 13:20 na die toneel ontbied waar die kind in ’n kanaal naby Agtste Laan in Belgravia Estate geval het.

“Brandweerspanne van Ottery en Epping, asook duikers van die Roelandstraat-brandweerstasie is na die toneel ontbied. Inwoners het die bevelvoerder ingelig dat ’n man ook in die kanaal gespring het om die kind te help.”

Die beamptes is oral in die gebied ontplooi.

“Lede van die Ottery-brandweerspan is oorkant die Mary Harding-skool in Klipfonteinweg geposisioneer, terwyl die Epping-bemanningslede in Koedoe- en Hickorystraat en van die manne in Loerieweg en Cornflowerstraat geplaas is terwyl die duikers by die rioolaanleg wag gehou het. Polisieduikers was ook in Bucknerweg in Hazendal geplaas om die kind en die man te probeer vind.”

’n Boei wat in die kanaal gegooi is om ’n moontlike uitgangspunt te bepaal het by Koedoe- en Hickorystraat opgekom.

Carelse sê die soektog moes net ná 16:00 opgeskort word weens die gure weersomstandighede wat deur ’n erge koue front in die Moederstad veroorsaak is.

Swaar reën, sterk wind en hoë deinings looi reeds sedert Donderdag die gebied.

Meer oor:  Athlone  |  Kaapstad  |  Storm  |  Verdrinking  |  Reddingspoging  |  Reënval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.