Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Soektog na vermiste Knysna-sakeman duur voort
Bertus Scheepers Foto: Verskaf

Nog geen deurbraak is gemaak in die soektog na ’n sakeman wat in Knysna in die Suid-Kaap vermis geraak het nie.

Bertus Scheepers (65) is verlede Donderdag omstreeks 08:00 by sy huis op Theseneiland weg om werk toe te gaan. Hy is blykbaar later die dag terug huis toe. Sy foon en beursie is in die huis gevind, maar daar was geen teken van hom nie.

Volgens die polisie het sy lewensmaat hom Vrydag as vermis aangemeld. Ten tyde van sy verdwyning was hy in ’n donker langbroek en ligblou trui geklee.

’n Soektog deur die polisie het nog niks opgelewer nie, sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder.

“Die soektog duur voort.”

Scheepers is die eienaar van die House of Classic and Sports Cars in Hoofstraat in Knysna. Die onderneming het in Februarie vanjaar die veiling van veteraan-, klassieke en sportmotors op die 23ste George-oumotorskou behartig.

Mense met inligting kan die polisie in Knysna by 044 302 6887, of die Knysna-gemeenskapspolisieforum by 082 574 9657 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.