Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Soet Kersvaders dra almal maskers
Die sjokolade-Kersvaders staan gereed om verpak te word. Foto: Reuters

’n Hongaarse lekkergoedmaker het besluit om maskers op sy sjokolade-Kersvaders te sit.

Dit was aanvanklik as ’n grap bedoel om mense se gemoedere tydens die Covid-19-pandemie te lig.

Die aanvraag na Laszlo Rimoczi se sjokolade het egter so die hoogte in geskiet dat hy skaars kan voorbly.

“Ek dink teen die tyd wat Kersvader kom, sal hy ’n masker moet dra omdat hy ’n goeie voorbeeld vir mense moet stel,” sê Rimoczi, wat naby Boedapest bly.

Hy moes die ontwerp vereenvoudig om voor te bly en maak ongeveer 100 Kersvaders per dag uit Italiaanse sjokolade.

Hy verf die Kersvaders se hoede rooi en maak die maskers van wit stukkies marsepein.

Die maskers se toutjies word met versiersuiker gemaak.

Rimoczi moes selfs die ontwerp van sy groter sjokolade-Kersvaders verander wat oorspronklik sonder maskers gemaak is.

“Hulle was reeds verpak, maar ons moes hulle uitpak en maskers gee want ons klante wil nou nét gemaskerde Kersvaders hê,” sê hy.

Rimoczi maak ook ander lekkernye uit sjokolade wat hy uit ’n winkeltjie in sy huis verkoop.

Sy onderneming het weens die pandemie groot verliese gely.

Terwyl die gemaskerde Kersvaders vir hom ’n hupstoot is, verwag hy nie dat sy onderneming sal kan voortbestaan indien die pandemie nog lank aanhou nie. – Reuters

Laszlo Rimoczi sit ’n masker op sy sjokolade-Kersvader. Foto: Reuters
Laszlo Rimoczi van Hongarye saam met sy sjokolade-Kersvaders. Foto: Reuters

Meer oor:  Sjokolade  |  Covid-19-Pandemie  |  Maskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.