Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sokkerster se familie vra AfriForum se hulp

Senzo Meyiwa, Bafana Bafana-ster wat vyf jaar gelede ten tyde van ’n rooftog vermoor is, se familie het die burgerregtegroep AfriForum om hulp genader in hul soeke na geregtigheid.

“Ons wil weet waarom die nasionale vervolgingsgesag (NVG) nie die saak kan vervolg nie, anders moet AfriForum oorneem,” sê Sifiso Meyiwa, die vermoorde sokkerster se broer.

“Ek was met AfriForum in verbinding en hulle is bereid om te help.

“Hulle speel nie. Mense sal in hegtenis geneem word . . .”

Sifiso het die media gisteroggend saam met Siyabonga Meyiwa, sy neef, toegespreek om hulle op die hoogte te bring met die ondersoek na die moord.

Senzo is ten tyde van ’n rooftog by die sangeres Kelly Khumalo se huis in Vosloorus, Johannesburg, doodgeskiet.

Die familie is in kennis gestel dat die moordondersoek in Februarie afgehandel is en dat ’n aanklaer in Mei aan die saak toegewys is. Sifiso sê die probleem lê nie by die polisie nie, maar by die NVG.

“Die NVG gee ons probleme,” sê hy.

Bheki Cele, minister van polisie, het toe hy in Julie die media by die Meyiwas se huis in Umlazi in Durban toegespreek het nadat hy die familie besoek het ná die dood van die sokkerster se pa, Samuel, gesê daar is vordering in die saak, het News24 vroeër berig. 

Senzo Meyiwa in die nr. 1-trui vir Orlando Pirates. Foto: Gallo Images
Meer oor:  Afriforum  |  Senzo Meyiwa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.