Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Soldate weier om na Ermelo te trek
Die opgeknapte lugafweerskool in Diskobolos, Kimberley.

Sowat 15 weermaglede van die Diskobolos-basis in Kimberley weier om saam met die lugafweerskool na die Camden-basis in Ermelo te trek.

Hulle voer aan dit sal hulle geldelik en geestelik ernstig benadeel, veral omdat hulle nie vooraf geraadpleeg of tegemoet gekom is nie.

Volgens hulle het die meeste lede wat reeds verhuis het, teen hul sin en uit vrees ingestem.

Die lede, wat uit vrees vir viktimisasie nie hul name wil laat publiseer nie, sê hulle word met ontslag gedreig as hulle nie teen Maandag op die weermagbasis in Ermelo aanmeld nie.

“Ons ervaar huislike en maatskaplike probleme weens die spanning en onsekerheid wat dit meebring. Dit is ’n tikkende tydbom.”

Volgens hom het hulle van die begin af beswaar teen die verskuiwing gemaak, wat “net geïgnoreer” is.

“Daar was geen poging om ons tegemoet te kom deur poste te ruil sodat ons in Kimberley kan aanbly nie.

“Ons is hier gevestig waar ons kinders skoolgaan en ons vroue werk het en geld tot die huishouding bydra. Ons is ook naby die nuwe Sol Plaatje-Universiteit waar ons kinders kan studeer.

Daar was geen poging om ons tegemoet te kom deur poste te ruil sodat ons in Kimberley kan aanbly nie.
Anoniem

“In Kimberley het ons kinders ’n wye keuse van staatskole waar ons nie duur skoolgeld betaal nie. In die meeste gevalle bly ons gratis in Kimberley in weermagbehuising.”

Hy sê die nabyheid van kragstasies in Ermelo en gepaardgaande lugbesoedeling bekommer hulle.

“Daar is nie genoeg huise nie. Ons verneem van ons kollegas moet huise huur en duur skoolgeld betaal om hul kinders in goeie skole in Ermelo te plaas. Die skuif gaan ons geldelik knak.

“Boonop sê die regering ons moet nie geld mors nie. Die opleidingskool in Diskobolos is in 2015 teen miljoene rande opgeknap. Wat gaan van die geboue word? Is dié geld net so vermors?

“Die skuif kos miljoene rande. Nie net moet 200 lede se gesinne verhuis nie, maar ook al die weermagtoerusting, opleidingsmasjiene, wapentuig en so meer moet verskuif word.”

’n Gesinslid van een van die lede sê die bevelvoerder praat ondanks versoeke nie met hulle nie.

“Hy praat met niemand om dit te bespreek nie. Ons is in ’n vreeslike toestand. Ons het nie eers bevestigde behuising nie, wat die onsekerheid en ontevredenheid vererger.”

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, sê enige lid mag sy griewe met bevelvoerders bespreek.

“Daar is nie meer genoeg plek in Kimberley vir al die eenhede nie. Daar is genoeg plek in Ermelo om almal te huisves.”

Meer oor:  Ermelo  |  Trek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.