Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Soli in hegtenis ná hy glo gemeenskap wou help

Die komediant Soli Philander is Saterdag in hegtenis geneem ná ’n voorval tussen hom en ’n inwoner van die gemeenskapsentrum in Zonnebloem, Kaapstad. Die man woon glo sonder toestemming in dié sentrum van die Marion-instituut en weier om ander mense daar toe te laat.

Soli Philander

Philander, wat as ’n stem vir die gemeenskap beskou word, en die inwoner het albei beskermingsbevele teen mekaar bekom te midde van voortgesette konflik oor die sentrum.

Kapt. Ezra October, ’n polisiewoordvoerder, sê die man beskou homself as die sentrum se “bestuurder”. “Die gemeenskap sien hom nie as die bestuurder nie.”

Volgens October het die gemeenskap Philander genader om met die kwessie te help. “Die mense wil toegang hê tot die sentrum.”

Dit blyk Philander en die man het vasgesit, waarna die man Philander glo aangerand het. Die man het toe sy beskermingsbevel teen Philander gebruik om ’n klag by die polisie te gaan indien.

Richard Juries, ’n vriend van Philander en ook in die vermaakbedryf, sê die sentrum was altyd ’n toevlugsoord vir vroue en kinders. Die man woon egter al glo ’n geruime tyd daar.

October sê die polisie was “nou die aand” by die sentrum oor ’n onderonsie tussen die twee mans.

Die man het Saterdagoggend ’n klag van aanranding teen Philander gaan indien en het sy beskermingsbevel voorgehou. “Die polisie moet dan optree,” sê October.

Philander het glo nie ten tyde van die voorval al die dokumente van sy beskermingsbevel by hom gehad nie.

Philander het Saterdagoggend in twiets geskryf: “Free to believe me that this has become a matter of their worth. Let me assure you – the only way to them is over my dead f**king body.”

Meer oor:  Soli Philander
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.