Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Solidariteit soek verslae oor raskwotas vir hofsaak
Hy vra die hof om die departemente en hul ministers te verplig om Suid-Afrika se nuutste verslae aan die IAO aan die vakbond te verskaf.

Die vakbond Solidariteit wil verslae uit die regering probeer kry sodat hy op grond daarvan ’n klag kan indien oor die gebruik van raskwotas in Suid-Afrika.

Solidariteit se hofaansoek om drie verslae te bekom wat die regering in 2015 by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) ingedien het, is van Dinsdag se onbestrede rol in die hooggeregshof in Pretoria verwyder.

Die aansoek gaan op ’n ander datum, wat nog bepaal moet word, op die bestrede rol aangehoor word.

Solidariteit bring die aansoek teen die departemente van justisie en grondwetlike ontwikkeling; arbeid; en internasionale betrekkinge en samewerking.

Hy vra die hof om die departemente en hul ministers te verplig om Suid-Afrika se nuutste verslae aan die IAO aan die vakbond te verskaf.

Die verslae is by die IAO ingedien om gehoor te gee aan drie konvensies: dié van 87, 98 en 111.

Solidariteit sê dis die konvensies oor vryheid van assosiasie en beskerming van die reg om te organiseer; die reg om te organiseer en kollektiewe bedinging; en oor diskriminasie (in die werkplek).

Die vakbond sê in sy hofaansoek hy wil ’n klag teen die regering indien by die IAO se komitee vir vryheid van assosiasie.

Die klag kom omdat die regering nie aan die konvensies, wat hy onderskryf het, gehoor gee nie, sê die vakbond.

Die klag spruit ook uit die “talle rasse-diskriminasie-dispute in die Republiek van Suid-Afrika”.

Dit gaan hoofsaaklik oor die regering se algemene gebruik van raskwotas.

Solidariteit sê hy wil die klagteprosedure in die IAO se grondwet gebruik om die regering se skending van die drie konvensies te verduidelik.

Dít is dat die regering die vryheid van assosiasie skend en die reg op kollektiewe bedinging nie in ag neem nie. Die regering neem ook nie mense se reg in ag om nié ’n slagoffer van onbillike diskriminasie te wees nie, sê die vakbond.

Om dié klag te finaliseer, het die vakbond die verslae nodig.

Solidariteit sê hy kon nie die verslae uit die regering kry nie en dat die staatsdepartemente weier of daarin misluk het om dit te verskaf. Om dié rede wend hy hom tot die hof.

Meer oor:  Solidariteit  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.