Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Somerset-Wes fietsryer steeds spoorloos

Die polisie soek steeds na Michael John Latsky (43), ’n fietsryer van Somerset-Wes, wat sedert Donderdag 17:00 vermis is nadat hy sy huis verlaat het om ’n draai te gaan ry.

Teen Woensdag was daar nog geen teken van hom nie, behalwe vir sy fiets wat gevind is en aan sy vrou, Valerie, terugbesorg is.

Latsky is glo die laaste keer by die walvis-uitkykpunt in Gordonsbaai gesien, waarna hy spoorloos verdwyn het. Hy is laas in sy fietsryklere gesien – ’n swart fietsrybroek, swart-en-blou fietsry-hemp en swart skoene. Hy het ’n grys valhelm opgehad, lui ’n kennisgewing van die Pink Ladies-organisasie.

Daar was sover geen leidrade nie, het Valerie Dinsdagoggend gesê. Sy het nie op verdere vrae gereageer nie.

Michael John Latsky. Foto: Facebook/Valerie Rose

Mense op Facebook wonder hoekom hy in die aand sou gaan fietsry terwyl die inperkingsreëls dit verbied. Kim Montagner, ’n vriendin van Latsky, het mense op Facebook herinner dat sy vriende en familie hul boodskappe kan lees en gevra dat hulle taktvol moet wees.

“Mense, Michael is ’n ongelooflike mens wat verdwyn het ongeag die inperking,” het Montagner gesê. “Kan ons uit respek vir sy familie ’n bietjie genade toon en net die kennisgewing op Facebook deel?

“Die feit dat hy tydens die inperking gaan fietsry het, is nie die punt hier nie. Sy vrou gaan elke aand gebroke bed toe.”

Toe Montagner om kommentaar genader is, het sy dit van die hand gewys.

Op Facebook word beweer Latsky se profiel is gedeaktiveer en dat hy nie op WhatsApp-boodskappe reageer nie.

Latsky is ’n lidmaat van die Hillsong-kerk in Somerset-Wes en behoort aan ’n fietsryklub in die omgewing.

Enigiemand met inligting kan die Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 of 083 378 4882 bel, of die polisie se stop-misdaadnommer by 08600 10111.

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Fietsryer  |  Spoorloos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.