Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Sondag
Ter illustrasie Foto: Deaan Vivier

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen omstandighede wat tot hoë brandgevaar in die sentrale binneland van die Noord-Kaap, die noordwestelike dele van die Oos-Kaap en die noordoostelike dele van die Wes-Kaap kan lei.

Gauteng

Mooiweer en warm.

In Pretoria styg die kwik van 8 °C tot 26 °C, in Johannesburg van 9 °C tot 25 °C en in Vereeniging van 6°C tot 26 °C.

Mpumalanga

Mooiweer en warm, maar baie warm in plekke in die Laeveld. In Mbombela is die minimum temperatuur 8 °C en die maksimum 28 °C.

Limpopo

Mooiweer en warm. Die oggendtemperatuur in Polokwane is 6 °C en sal mettertyd styg tot 26 °C.

Noordwes

Mooiweer en warm. In Mahikeng is die minimum temperatuur 8 °C en die maksimum 28 °C, en in Vryburg 5 °C en 29 °C.

Vrystaat

Mooiweer en warm, maar koel in die ooste. In Bloemfontein styg die kwik van 2 °C tot 27 °C.

Noord-Kaap

Bewolk met mis langs die kus in die oggend, andersins mooiweer en koel tot warm.

Wind langs die kus: Matig tot taamlik sterk suid tot suidoos, maar word sterk met tye.

In Kimberley is die oggendtemperatuur 4 °C en dit styg tot 28 °C en in Upington styg dit van 8 °C tot 30 °C.

Wes-Kaap

Mooiweer en warm in die Karoo, andersins gedeeltelik bewolk en koel met reën van laatoggend af in die suidweste en oggendmis op plekke langs die suidkus. Dit sal bewolk word in die aand met reën langs die suidkus.

Wind langs die kus: Lig en veranderlik noord van Kaap Columbine in die oggend, andersins taamlik sterk tot sterk noordwes tot wes, maar word suidwes in die middag.

In Kaapstad styg die kwik van 12 °C tot 18 °C en in George van 10 °C tot 24 °C.

Oos-Kaap

Mooiweer en warm, maar gedeeltelik bewolk in die die weste, maar gedeeltelik bewolk en koel langs die kus, waar dit in die aand bewolk word met ligte reën.

Wind langs die kus: Lig tot matig wes, maar word taamlik sterk tot sterk suidwes.

In die ooste van die provinsie sal dit mooiweer en warm wees, maar dit word gedeeltelik bewolk langs die kus in die aand, en sal na verwagting uitbrei oor die binneland in die aand wees.

Wind langs die kus: Lig tot matig wes, maar word matig suid teen die middag.

Port Elizabeth se temperatuur sal styg van 9 °C tot 22 °C en in Oos-Londen van 13 °C tot 24 °C.

KwaZulu-Natal

Mooiweer en warm, maar baie warm in die noordooste.

Wind langs die kus: Lig noordwes tot wes in die suide, andersins matig noordoos, maar word suidwes vanaf die suide en sal na verwagting uitbrei tot die noorde teen die aand.

In Durban is die minimum temperatuur 16 °C en word later 30 °C. Richardsbaai se kwik sal van 17 °C tot 31 °C styg, terwyl Pietermaritzburg se verwagte minimum 10 °C en maksimum 32 °C gaan wees.

Meer oor:  Weervoorspelling  |  Brandgevaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.