Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sonél Brits nuwe besturende direkteur van ATKV
Sonél BritsFoto: Verskaf

Sonél Brits is die nuwe besturende direkteur van die ATKV.

Luidens ’n mediaverklaring op die ATKV se webtuiste is Brits reeds sedert 2010 die maatskappysekretaris en het sy sedert Mei 2018 as besturende direkteur waargeneem.

Sy het ’n LLB-graad, asook ’n BCom-graad in regte. Bridgitte Mathews, voorsitter van die ATKV se direksie, het Brits Donderdagoggend gelukgewens en haar sterkte toegewens.

“Ons het volle vertroue in Sonél se vermoë om die ATKV as die voorkeur-taal-en-kultuurorganisasie te posisioneer vir almal vir wie Afrikaans na aan die hart lê, nasionaal en internasionaal. Die direksie glo dat Sonél die nodige standvastigheid en positiewe dinamika in die organisasie teweeg sal bring.”

Brits volg Deidre Le Hanie op, wat in Mei bedank het.

Meer oor:  Sonél Brits  |  Atkv  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.