Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Sop-mammas’ voed duisende

Saans as sy ná haar skof as huiswerker tuiskom, het sy die impak van die inperking op haar buurt met ’n beklemming om haar hart gadegeslaan – die honger kinders, bejaardes en werkloses.

Opskeptyd! Lauren (Lolla) Juries (middel) en haar helpers voor die woonstelblokke in Ottery. Foto’s: Edrea du Toit

Lauren (Lolla) Juries van Ottery in Kaapstad sê dít en ’n biduur wat vir ’n verjaardag gehou is, het haar genoop om ’n plan te beraam om te help.

“Die maaltyd vir die 13 mense daardie verjaardag was ’n three piece-hoenderdis. Die gesin het regtig nood gehad.”

In die blokke woon vier tot 12 mense in klein woonstelle. Juries het besluit om ’n opname te maak van mense wat erge voedselnood ervaar en so is haar Ottery Can-projek gebore.

Juries het by Tracy Gander, haar werkgewer, om hulp aangeklop en dié het ’n internetsoektog gedoen.

‘Ons is net hande van God.’

Gander het aan Rapport gesê hulle kon moeilik ’n nieregeringsorganisasie kry wat kon help en hulle het Ottery Can begin. Dit vorm deel van die Cape Town Together (CTT)-gemeenskap, ’n breë groep mense oor die hele stad wat gemeenskappe help.

Vennote soos Yebo Fresh, Omega Family Fellowship, Powertime, Hands of Honour, Pick n Pay en Shoprite het ook aan boord gekom.

Gander het borge gekry vir Shoprite-koepons van R250 en ook koepons vir elektrisiteit om aan behoeftiges te gee.

Sy het ook ’n skarebefondsingprojek op die BackaBuddy-webtuiste begin en hoop om R100 000 in te samel.

“Die impak van die inperking op die inwoners is verlammend. Hulle het ’n dak oor hul koppe, maar geen fondse om kos en geriefsware (toiletware) te koop nie. “Hierdie is ’n gemeenskap wat sukkel om te oorleef,” sê Juries.

Christi Harris (52), kan ná ’n beroerte nie werk nie en maak staat op Lauren Juries se kospakkies en sopkombuis.

Haar ma, Estelle Stefanus, en haar tantes maak twee keer ’n week potte kos in die piepklein kombuis in haar woonstel in die Regent-blok. Hulle gee 250 kinders en sowat 100 volwassenes twee keer per week aandete.

Sowat R1 500 per week word benodig vir kruideniersware om dié kos te voorsien.

Rina Lots (59) het kort voor die inperking ’n beroerte gehad en kan nie meer werk nie. Sy sê Juries se kospakkies hou nou haar en nog vier gesinslede aan die lewe.

So ook Christi Harris, wat ook ná ’n beroerte nie meer kan werk nie. “Ek kyk na myself en Lolla kyk na my,” sê hy.

Volgens Juries het die borge vir kospakkies begin opdroog en daarom het sy ook ’n sopkombuis begin – een van tien in die Ottery-gemeenskap. Die “sop-mammas” voed weekliks duisende mense en maak staat op nieregeringsorganisasies soos Souper Troopers en die DG Murray Trust om rou bestanddele vir die maaltye te voorsien.

Juries het ook ’n buddy–program, Amakhaya, begin waardeur sy 44 arm gesinne bymekaar gebring het by 44 gesinne wat dit breër het sodat hulle kan help met kruideniersware, koepons, elektrisiteit en ander noodsaaklikhede.

Op Jeugdag het die ringe van haar stoof se plate gebuig weens die swaar kospotte.

Juries en Gander sê hulle sien uit na hul Mandeladag-projek op 18 Julie wanneer hulle ’n middagete en warm slaapklere aan 670 kinders sal gee.

Tussendeur help Juries bejaardes, weduwees en wewenaars wat sukkel met hul selfone, of lugtyd en data kort, en dan alleen voel.

“Ons is net die hande en voete van God om die hongeres kos te gee – voedsame maaltye,” sê Juries.

Meer oor:  Kaapstad  |  Sopkombuis  |  Honger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.