Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Spesiale naweek vir seun nadat meisie hom toetakel

Ná ’n moeilike paar dae wag ’n opwindende naweek op die tienerseun van Randfontein wat deur ’n skoolmeisie aangerand is.

Anti-boelie-organisasies het uitgereik na die 16-jarige seun nadat die ontstellende video van die voorval waarin hy verskyn vandeesweek aan die lig gekom en soos ’n veldbrand versprei het.

slaanvideo
Slaanvideo

Die groep Randfontein Mammas en Pappas teen Boelies gaan die seun Saterdag haarkapper toe vat en daarna gaan Bikers Against Bullies vir hom nuwe klere kry.

Sondag gaan die motorfietsgroep hom op ’n motorfietsrit (Santa Run) neem en dan sal daar verder by die Randfontein-rugbyklub gekuier word.

Santie Gerber van Randfontein Mammas en Pappas teen Boelies sê almal is welkom om die seun by die rugbyklub te kom ontmoet.

Pieter “Bees” Fourie, die nasionale leier van Bikers Against Bullies, sê die hoofdoel van die naweek is om die seun te wys dat hulle en die mense van Randfontein omgee.

“Daar sal mense wees wat met hom gesels om sy gemoed te lig en hom te motiveer,” sê Bees.

’n Familielid van die seun het Vrydag gesê hy is baie opgewonde oor die naweek se gebeure.

“Hy kan nie wag om op ’n superbike te klim nie,” sê die familielid. Sy het bygevoeg dat die seun se pleegouers, wat vir hom soos ’n ouma en oupa is, baie dankbaar is dat mense na hom uitreik om hom te wys dat hy nie alleen is nie.

Die organisasie Wings of Wardship reël ook ’n massa-motorfietsrit vir volgende Vrydag teen boelies in die lig van die voorval om die seun en ander boelie-slagoffers te ondersteun.

* In die video tart ’n medeleerling (ook 16) die seun voordat sy hom ’n paar keer met die vuis bydam. Die seun is in gr. 9 en die meisie in gr. 10.

Die betrokke partye verskil oor wanneer dit gebeur het, sommige sê dit was ’n Vrydag, ander sê Maandag en nog ander meen dit was ’n Dinsdag. Dit het wel ná ’n eksamen buite die skool gebeur terwyl hulle nog in hul skoolklere was.

Die onderwysdepartement het intussen gesê dat die meisie geskors is. Haar pa het Donderdag aan Netwerk24 gesê dat die skorsing vir sewe dae is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.