Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Spesialisspan was aan boord Netcare-helikopter wat neerstort

Dr. Richard Friedland, en ander bestuurslede van die Netcare-hospitaalgroep en die Netcare911-nooddiens het dadelik na die ongelukstoneel in KwaZulu-Natal gegaan waar een van sy mediese helikopters Donderdag neergestort het.

Die Netcare 1-lugambulans het vroegmiddag naby Bergville neergestort met ’n spesialisspan van die waakeenheid wat ’n pasiënt wat in ’n kritieke toestand was van Hillcrest in KwaZulu-Natal na die Milpark-hospitaal in Johannesburg sou bring, luidens ’n verklaring wat namens Netcare uitgereik is.

LEES OOK: Helikopter ‘breek in stukke’ voordat dit neerstort

Hulle was spesialiste in ekstrakorporeale lewensondersteuning, ’n korttermynmiddel om lewensondersteuning te bied aan mense wat ernstig siek is, soos wanneer hulle oorgeplaas word tussen hospitale.

Die span is gelei deur dr. Curnick Siyabonga (Sia) Mahlangu, ’n kardiotorakale chirurg.

Saam met Mahlangu was dr. Kgopotso Rudolph Mononyane, ’n narkotiseur.

Dr. Kgopotso Rudolf Mononyane, narkotiseur.

MCC Aviation is deeply saddened by the news of the Netcare HEMS accident that happened yesterday! We send our deepest...

Posted by MCC Aviation on Thursday, January 21, 2021
Dit blyk Monoyane was kort voor die ongeluk ontbied om te help met die behandeling van Jackson Mthembu, minister in die presidensie. Mthembu is vroeër na die Millpark-hospitaal oorgeplaas weens ernstige komplikasies wat met Covid-19 verband hou. 

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in ’n onderhoud op eNCA bekendgemaak die vlug van die Millpark-hospitaal na Hillcrest is vertraag, omdat Mahlangu ontbied is om Mthembu se lewe te probeer red. Die span dokters se pogings was egter onsuksesvol en die land is geruk deur die nuus van die geliefde politikus se dood.

Kort daarna sou die nuus bekend word dat 'n Netcare-helikopter neergestort het.

Die derde lid van die spesialisspan wat in die ongeluk dood is, is Mpho Xaba, ’n teaterverpleër wat gespesialiseer het in kardiotorakale en oorplantings.

Die span is ondersteun deur die paramedikus Sinjin Joshua Farrance. Die helikoptervlieënier was Mark Stoxreiter.

“Daar is geen woorde om die enorme verlies wat ons ervaar te beskryf nie. Ons is spraakloos en in skok,” sê Friedland in die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.