Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Spietkop in sop ná ongeluk op sirkel
motor
Die beskadigde verkeersmotor nadat dit teen die sypaadjie en versperring van buitebande vasgejaag het. Foto: Dirk Kok

’n Vrystaatse verkeersman het agter tralies geslaap en moet Maandag in die hof verskyn nadat hy Saterdagaand nie sy draai met ’n verkeersmotor om ’n sirkel in Bloemfontein gekry het nie en teen ’n versperring van buitebande op ’n sypaadjie vasgejaag het.

Lt.kol. Thabo Covane van die polisie sê klagte van roekelose en nalatige bestuur en bestuur onder die invloed van drank word teen die verkeersman ondersoek ná die botsing Saterdagaand teen die sypaadjie en buitebande by die Normandielaan-sirkel.

Die provinsiale departement van polisie, paaie en vervoer ondersoek ook bewerings dat hy moontlik nie aan diens was nie en ’n passasier – ’n jong man wat nie vir die departement werk nie – saam in die verkeersmotor laat ry het.

“Indien hy nie aan diens was nie en die motor onregmatig gebruik het, sal hy summier geskors word,” het Mangaliso Xaba, Vrystaatse registrateur van openbare vervoer en hoof van wetstoepassing, Sondag gesê.

Die verkeersman, sonder uniform en geklee in ’n T-hemp, jeans en plakkies, het omstreeks 21:00 met die verkeersvoertuig in groot buitebande vasgejaag wat ’n inwoner van Bayswater op die sypaadjie geplaas het, juis omdat motors al hier by die sirkel deur sy tuinmuur gebars het.

Van die inwoners wat ná die botsing by die sirkel saamgedrom het, het geëis die verkeersman moet summier in hegtenis geneem word.

Van die inwoners wat ná die botsing by die sirkel saamgedrom het, het geëis die verkeersman moet summier in hegtenis geneem word.

Hulle het hom daarvan beskuldig dat hy onder die invloed van drank gejaag het en roekeloos was, terwyl hy veronderstel is om reg en orde toe te pas.

Hy is ook gekap omdat hy nie in uniform was nie en ’n vriend saam met hom in die staatsmotor laat ry het.

Harde woorde het tussen die verkeersman en omstanders geval en die polisie het hul hande vol gehad om die gemoedere te kalmeer.

Een van die inwoners het aan die verkeersman gesê: “Ek sal seker maak jy gaan hof toe.”

Die verkeersman se kommentaar hierop was: “Hof toe. . . Vir wat? Jy kan dit maar tot by Mashinini vat,” verwysend na die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini.

Die verkeersbeampte het op die ongelukstoneel selfoonoproepe gemaak en ’n vrou het die jong man wat saam met hom in die verkeersmotor was, kom oplaai.

Die verkeersman is hierna agter in ’n vangwa gelaai en deur die polisie weggeneem.

Die verkeersmotor, waarvan die voorkant, enjin en onderstel beskadig is, is weggesleep. Een van die dik sementblokke bo-oor die stormwaterkanaal is heeltemal flenters gery.

Meer oor:  Ongeluk  |  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.