Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Spogmotor se nommerplaat is toe profeties
sportmotor
’n Wit Jaguar F-Type-sportmotor het Dinsdagoggend net voor 11:00 in die buitenste tafels van die Botanicum-restaurant in Constantia, Kaapstad ingeploeg. Foto: Facebook/Botanicum Cafe & Grill

Die motor is vir spoed gemaak, nie vir parkeer nie.

En met ’n nommerplaat soos 2FAST4U WP kan ’n mens seker ook die bestuurder vergewe vir die glipsie by die Botanicum-restaurant in Constantia, Kaapstad.

Die bestuurder van ’n wit Jaguar F-Type-sportnutsvoertuig van byna R1,2 miljoen wou Dinsdag net voor 11:00 voor die restaurant parkeer toe dinge vinnig skeefloop.

Maxine Bezuidenhout, verkeerswoordvoerder van Kaapstad, sê dis nie heeltemal duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar dit lyk asof die bestuurder dalk die versneller in plaas van die rem getrap het. En toe ploeg die spogwa in die restaurant se tafels in.

Ons drywer Steve sal moet kom verduidelik!

Bezuidenhout sê niemand is in die voorval beseer nie.

’n Video wat wyd op sosiale media versprei is wys hoe die bestuurder ’n parkeerplek nader. Maar in plaas van netjies stop, brul al die motor se perdekrag skielik en tref dit net blompotte en tafels.

Ten spyte van die skade het Botanicum darem ook die humor raakgesien.

“Ons drywer Steve sal moet kom verduidelik!” skryf die restaurant by ’n foto van die ongeluk op sy Facebook-blad.

Maar by navraag sê die restaurant hy gaan nie in dié stadium meer sê nie.

Botanicum het wel op sy Instagramblad gesê die skade was teen Dinsdagaand reeds herstel en klante kon bedien word.

Meer oor:  Constantia  |  Kaapstad  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.