Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Spook loop in Parys? Inwoners krap kop ná deure oopgaan

Huisalarms wat vanself geaktiveer word, motorhuisdeure wat oop- en toegaan en elektriese skuifhekke wat maak nes hulle wil, het Parysenaars aan die gis.

’n Inwoner, Jan le Roux, sê hy is al raadop oor die probleme wat hy ondervind.

Hy sê vier maande gelede het sy vrou, Helena, se geliefde hondjie, Toffie, weggeraak omdat die huis se elektriese skuifhek vanself oopgegaan het.

Volgens hom het hulle kort voor al die probleme by die nuwe huis ingetrek en Toffie, wat blind is, het nie die omgewing geken nie en moontlik verdwaal.

Le Roux sê hy hoop maar dat Toffie op ’n genadige wyse dood is.

’n Mens wil jou nie ophou met samesweringsteorieë nie, maar hoe verklaar jy dit?

Dit was ’n tyd lank stil, maar sedert verlede week loop die spook alweer.

“Die hekke en motorhuisdeure wat vanself oop- en toe gaan veroorsaak ook huismoles,” sê Le Roux.

Hy sê hy het Helena eers daarvan beskuldig dat sy nie die motorhuisdeur se deur toegemaak het nadat sy haar voertuig ingetrek het nie.

Daarna het hulle egter agtergekom dat die deur vanself oopmaak.

’n Buurvrou wie se leefvertrek op die egpaar se motorhuis uitkyk, sê sy sien hoe die motorhuisdeur vanself oopgaan.

“ ’n Mens wil jou nie ophou met samesweringsteorieë nie, maar hoe verklaar jy dit?” vra Le Roux.

Hy sê sy bure sukkel glad nie met hul afstandbeheerde toestelle nie.

Saal de Jager, eienaar van Parys Sekuriteit, sê egter dat daar so ’n paar maande gelede soortgelyke probleme in die dorp was.

“Toe begin dit weer verlede week en Dinsdagoggend het ’n raaiselagtige elektroniese versteuring groot dele van die dorp getref.”

Volgens De Jager word die alarms vanself geaktiveer wanneer die inwoners in hul huise is en rondbeweeg.

Hy sê hy vertrou nie 5G-kommunikasieseine nie omdat die uitset-energie baie hoog is en dit in teorie wel versteurings kan veroorsaak.

“Dit moet iets wees wat met die frekwensies van afstandbeheerde toestelle inmeng,” meen hy.

Hy weet ook nie of dit dalk iemand is wat met kwaadwillige optrede besig is nie. Alle moontlikhede word ondersoek.

Charl Vosloo van CS Sekuriteit in Parys sê sy kliënte het geen klagtes gehad nie maar hy het gehoor dat daar wel mense is wat probleme met hul alarmstelsels het.

Facebook-gebruikers het gesê van hulle, wat meestal na RSG luister, het ook kwaai steurings ondervind wanneer hulle radio luister.

Meer oor:  Parys  |  Jan Le Roux
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.