Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sportlui wil Cyril spreek ná aanval op Drotské

Ouens soos Naka en Os is sterk manne. As hulle die aanvallers kon beetkry, “was hulle kas toe, maar jy kan niks doen teen ’n geweer nie”.

Só sê Toks van der Linde, oudrugbyspeler en sportaanbieder, nadat sy mede-oudrugbyspeler en jarelange vriend, Naka Drotské, ernstig gewond is in ’n huisroof.

Van der Linde verwys ook na Os du Randt, wat saam met Drotské by sy broer, Tinus, gekuier het op ’n kleinhoewe in Kameeldrift buite Pretoria toe gewapende rowers op hulle toegeslaan het.

“Dit gaan nie vir ons oor sportmanne nie. Niemand is meer veilig nie. Tinus wil nou nie eens meer daar bly nie. En kyk wat gebeur oral – ’n mens kan nie ’n pap band kry en langs die pad stilhou om dit om te ruil nie, dan word jy aangeval,” sê Van der Linde.

Toks van der Linde wil saam met sportlui met pres. Cyril Ramaphosa vergader oor die rooftogte in die land.

Hy het Saterdagoggend in ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf dat sportmense graag met hom wil vergader.

Van der Linde sê hy het ook ’n kontaknommer vir Ramaphosa gekry en ’n boodskap aan hom gestuur.

“Ek was al vanoggend drie-uur wakker. Ons is ’n hele klomp mense wat vanoggend gesels het daaroor dat ons met Ramaphosa wil vergader oor wat in die land aangaan.

“Ons het besluit ons moet as sportlui saamstaan, maar dit gaan nie net oor ons nie, dit gaan oor elkeen in die land ongeag kleur,” sê Van der Linde.

“Desember is hier en dit is vakansietyd. Jy weet nie hoeveel oproepe ek al van die buiteland gekry het oor mense wat bekommerd is oor die situasie in Suid-Afrika en vra of dit veilig is om hierheen te kom nie.”

Van der Linde sê: “Iewers moet iemand iets begin doen.”

naka
'n Skermgreep van die teksboodskap aan pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.