Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sportsterre word weer aangewys

Neil Powell, gewilde breier van die Blitsbok-rugbyspan, is die gasspreker op Vrystaat Sportsterre 2018.

Onder Powell se afrigterskap was die Blitsbokke die wenner van die afgelope wêreldreeks in sewesrugby. Die oud-Bloemfonteiner het aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein gematrikuleer, aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer, vir die Shimlas, Cheetahs en ander provinsies rugby en vir die Blitsbokke sewesrugby gespeel.

Volksblad se Vrystaat Sportsterre 2018 in vennootskap met die Universiteit van die Vrystaat vind vanjaar op Woensdag 26 September by die Urth-onthaalsentrum (net verby Northridge Mall) in Bloemfontein plaas.

Internasionale deelname in die jaar wat Augustus 2018 eindig, is ’n aanbeveling. Benoemings sluit 28 Augustus.

Sportlui wat die afgelope jaar uitgeblink het, word vereer.

Christo Spies, oudsportman, motiveringspreker en “mental skills coach”, lei die gesprek met Powell.

Die Universiteit van die Vrystaat wys terselfdertyd sy sportsterre aan.

Volksblad-sportsterre kan benoem word in die afdelings: * skolesportsterre: meisies;
* skolesportsterre: seuns;
* junior sportspan van die jaar;
* sportlui met gestremdheid;
* afrigter van die jaar;
* senior sportspan van die jaar;
* sportvrou van die jaar;
* sportman van die jaar en sportster van die jaar.

Internasionale deelname in die jaar wat Augustus 2018 eindig, is ’n aanbeveling. Benoemings sluit 28 Augustus.

Skole word versoek om hul benoemings (ouderdomsgroep o.15 en hoër) met die naam, kort prestasielysie (hoogstens 50 woorde) en ’n foto ook teen dan ingestuur te hê.

Rig dit aan Johann de Jager, sportredakteur, by johann.dejager@24.com of aan Gert Coetzee, redakteur, by gcoetzee@volksblad.com.

’n Keurpaneel sportskrywers behartig die beoordeling.
* Kaartjies vir die spogbanket is teen R3 700 per tafel (tien gaste) of R370 per enkelkaartjie beskikbaar.

Rig navrae oor kaartjies aan Ainslee Oosthuyen by ainslee@spottedapple.co.za of 074-120-4450.

Meer oor:  Neil Powell  |  Sportsterre
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.