Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Springbok-rugbyheld Hannes Viljoen (77) sterf
Die Springbok Hannes Viljoen is Woensdag op die ouderdom van 77 op Excelsior in die Vrystaat dood. Foto: springboks.rugby

Die held van die Springbokke se onoorwonne toer na Australië in 1971, Hannes Viljoen (77), is op Excelsior in die Vrystaat dood.

Viljoen het op vleuel in al tien wedstryde, wat drie toetse ingesluit het, uitgedraf en altesaam 16 drieë op die toer gedruk.

Twee van die drieë was in toetse.

Hy word as die grootste ster in die Springbokspan op dié toer beskou.

Hy het in 63 wedstryde vir Natal gespeel en 43 drieë gedruk, ’n destydse rekord.

Sy vrou, Marie, sê die betogers se ontwrigting van die Springbok-wedstryde en Suid-Afrika se isolasie het daartoe bygedra dat hy in 1972 uitgetree het.

“Hy het gesê daar is niks meer om te bereik nie. Hy het hard gewerk om vir die Springbokke te speel en hy het baie goed gedoen.

“Ek dink hy sou nog lank vir die Springbokke kon speel. Maar hy het geboer en elke Saterdag 300 km gery vir wedstryde. Hy moes groot opofferings maak om rugby te kan speel.”

Hulle het ná hul troue op ’n plaas anderkant Kokstad gebly. Hy het vir Pietermaritzburg Collegians gespeel en vir Natal Platteland en Natal uitgedraf voordat hy eindelik vir die Springbokke gekies is.

Hy het ook vir die SA Barbarians en die Kwaggas gespeel.

“Ek kan die aand onthou toe hy vir die Springbokke gekies is. Die Springbokke het die Saterdag teen die Franse gespeel. Die aand om 21:00 is die span na Australië aangekondig. Ons was met vakansie in Amanzimtoti toe ek dit gehoor het. Ek het hom toe gesê hy is gekies.”

Dit is ’n hartseerdag vir rugby. Hannes was ’n ster in sy tyd en sy indrukwekkende lys prestasies op die veld is ’n bewys van die speler van gehalte wat hy vir die Springbokke en Natal was. Hy was ’n uitsonderlike mens en baie goeie rugbyspeler.

Die egpaar het ses jaar gelede van Bloemfontein na Excelsior verhuis.

Sy sê hy was ’n baie vriendelike, innemende man wat baie lojaal teenoor sy vriende was.

“Baie vriendelik en baie doelgerig. As hy besluit het hy wil iets bereik, dan gaan hy daarvoor. Hy gaan ’n baie groot leemte laat.”

Mark Alexander, president van SA Rugby, het sy meegevoel teenoor Viljoen se vrou en familie uitgespreek.

“Dit is ’n hartseerdag vir rugby. Hannes was ’n ster in sy tyd en sy indrukwekkende lys prestasies op die veld is ’n bewys van die speler van gehalte wat hy vir die Springbokke en Natal was. Hy was ’n uitsonderlike mens en baie goeie rugbyspeler.”

Alexander sê in ’n verklaring die hoogtepunt van sy loopbaan was die gedenkwedstryd vir Keith Oxlee toe Natal die SA Barbarians op 10 Oktober 1967 in Durban met 32-22 geklop het. Die Barbarians het tien Springbokke in hul geledere gehad.

Hy is ook in 1971 vir sy uitstaande prestasies vir die Springbokke en Natal as die Suid-Afrikaanse Sportman van die Jaar vereer.

Viljoen word deur sy vrou en drie kinders, Willie, Karen en Lizelle, asook vyf kleinkinders, oorleef.

Hy gaan veras word. Hy het tot sy dood sy Springbokbaadjie in sy kas gehad. Sy dogter Lizelle het sy Springboktrui geraam.

Meer oor:  Hannes Viljoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.