Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Stakende personeel vertraag sake in wildtuin

Daar was Sondag groot vertragings in die Krugerwildtuin nadat die oorgrote meerderheid personeel weens ’n staking nie vir werk daar aangemeld het nie.

Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, sê al die toegangshekke van die wildtuin is Sondag weens die staking geraak.

“Ons het vrywilligers en tydelike werkers gehad wat ingespring het om te help. Ons wildbewaarders, ruskampbestuur, die polisie en lede van die weermag het almal gehelp om die impak te verminder,” sê hy.

“Party van ons gaste het begrip gehad vir die situasie. Ons bedank hulle vir hulle geduld en samewerking,” sê hy.

Behalwe vir die vertragings, was geen ander ernstige voorvalle aangemeld nie. Daar was volgens Phaahla geen sigbare betogings in die wildtuin nie.

Nog stakings kan volg, spesifiek op Sondae en openbare vakansiedae weens werkers wat glo ongelukkig is oor hul betaling vir werk op dié dae.

Phaahla sê die bestuur van die wildtuin verwag egter dat werkers Maandag op hul pos sal wees.

“Ons raai toeriste aan om nie hulle besoeke te kanselleer nie omdat ons noodplanne in plek het,” sê hy.

Intussen sal die bestuur van die wildtuin gesprekke met die werknemers voer om ’n oplossing vir die loongeskil te kry.

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.