Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Stakers keer dat Gautrein-busse depot verlaat

Stakende werkers het Maandagoggend die pad afgesper om te keer dat busse wat die Gautrein bedien die depot in Midrand kan verlaat.

Die busse is gevolglik met ’n uur vertraag, sê Kesagee Nayager, Gautrein-woordvoerder.

Die busse sou juis verligting bring op die roete na en van die O.R. Tambo-lughawe en Rhodesfield-stasie, wat nie operasioneel is nie weens die staking wat Maandagoggend begin het. Om passasiers wat na die lughawe en Rhodesfield reis te akkommodeer sou ’n busdiens tussen die Sandton- en Rhodesfield-stasie en ’n busdiens tussen die Rhodesfield- en O.R. Tambo-stasie bedryf word. Dié diens sou tussen 05:45 en 19:00 beskikbaar wees en R21 kos.

Die kaartjiekantore by alle stasies is gesluit.

Soos vroeër berig is die diens wat tydens die staking gelewer sal word, treindienste gedurende die spitstye tussen 05:45 en 09:00 en weer tussen 16:00 en 19:00. Die treine sal elke 12 minute tussen Centurion en Sandton beskikbaar wees en elke 20 minute tussen die Sandton- en Parkstasie.

Geen treine sal beskikbaar wees buite dié tye nie.

Net Centurion, Sandton en Parkstasie sal oop wees. Busdienste sal net Centurion, Sandton en Parkstasie bedien in die bogenoemde spitstye en die gewone busroetes sal gevolg word.

Amper 300 werkers wat aan die vakbond Untu behoort, het om middernag begin staak nadat ’n loondispuut

nie opgelos kon word nie. Bombela het ’n verhoging van 8,5% in salaris en ander voordele aangebied. Die minimum loon vir bedryfspersoneel sou ook tot R8 500 per maand verhoog word.

Untu het die aanbod verwerp en sy jongste eis kom op ’n totale verhoging van 19,5% neer. Fin24

Meer oor:  Midrand  |  Gautrein  |  Busse  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.