Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Staking by Gautrein duur voort

Die Gautrein-staking duur voort nadat werkers die nuwe driejaar-loonooreenkomsaanbod van Bombela, die bedryfsmaatskappy van die Gautrein, verwerp het.

Kesagee Nayager, woordvoerder van Gautrein, sê daar is steeds nie ’n ooreenkoms tussen die twee partye nie.

Sonja Carstens, woordvoerder van die United National Transport Union (Untu), sê Bombela het die vierde keer ’n nuwe aanbod gemaak, “maar die probleem is dat Bombela hoegenaamd nie Untu se eise hanteer nie”.

Die Gautrein (Argieffoto)

Untu se belangrikste eise is prestasiebonusse uit Gautrein se winste en insae in die finansies, wat Bombela weier.

“Hulle praat steeds nie daaroor nie en dring aan op ’n driejaar-loonooreenkoms.”

Volgens haar maak dit werkers kwaad omdat hulle meen Bombela respekteer hulle nie.

Untu wag vir nuwe datums van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) sodat die onderhandelings kan voortgaan.

Untu eis ’n salarisverhoging van 10%, ’n verhoging van die nagskoftoelae en dat die maatskappy 55% tot die siekefonds bydra en werknemers 45%, pleks van 50%. Untu eis ook prestasiebonusse.

Bombela het vroeër gesê hy bied ’n verhoging van 8,6% aan.

“In die huidige ekonomiese omstandighede glo ons dit is ’n billike aanbod, veral as ’n mens in ag neem dat die maatskappy in die laaste vyf jaar verhogings van 8% toegestaan het.”

Hy sê die lae personeelomset by Gautrein is ’n bewys dat die werkomstandighede goed en werknemers gelukkig is.

Meer oor:  Bombela  |  Kvba  |  Gautrein-Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.