Die staking by die San Michele-tehuis in Brakpan is vir eers opgeskort nadat “een van die pasiënte dood is”, het Ellen Bodoza, woordvoerder van die National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw), gesê. Dié vakbond verteenwoordig die stakers.
Bodoza het Maandag gesê hul lede het by die tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte gestaak en ’n 6%-loonverhoging geëis.
Die staking het Vrydag begin.
“Hoewel die loonverhoging deur die departement van gesondheid goedgekeur is, het die bestuur geweier om dit te aanvaar. Ons lede is vroeër ingelig oor die sterfte en die staking is intussen opgeskort,” sê Bodoza.
Sy kon nie bevestig of die werkers Dinsdag na die werk sal terugkeer nie.
* Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor.