Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Standbeeld in Knysna om brand te onthou

’n Standbeeld ter herinnering aan die verwoestende brand wat op 7 Junie 2017 in Knysna en omliggende gebiede ontstaan het, word Donderdag op die Suid-Kaapse dorp onthul.

Gedurende die brand is talle eiendomme en infrastruktuur in puin gelê en duisende inwoners moes ontruim word. Agt mense, waaronder twee vrywillige brandbestryders, is dood. Die daaropvolgende reddingspoging is deur Helen Zille, Wes-Kaapse premier, as die grootste nog in Suid-Afrika deur rampbestuur beskryf.

Brandbestryders hou vroeër ’n wakende oog oor die brand wat op 7 Junie 2017 in Knysna en omliggende gebiede ontstaan het.Foto: Jaco Marais

Volgens die Knysna-munisipaliteit sal die standbeeld in Queenstraat onthul word. Dit is die werk van die maatskappy Rodney Nel Management Services, die Mosaic Village and Outdoor Market en die Glass Roots-ateljee.

Eleanor Bouw-Spies, Knysna se burgemeester, sê die standbeeld stel die brande en die heropbou van die groter Knysna voor.

“Dit is nie net ’n standbeeld nie. Dit is die wese van volharding, hoop, trou en toewyding.”

Woensdag het ’n seminaar in Brenton-on-Sea (Knysna) begin oor die herstel van die omgewing ná die brand wat watersekerheid, brande en verwante risiko’s insluit. Dit duur tot Donderdag met insette van onder meer die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), die Garden Route Rebuild Initiative (GRRI), ’n buitengewone komitee wat deur Zille ná die brande op die been gebring is en die afdeling vir rampbestuur van die Eden-distriksmunisipaliteit.

Volgens die Knysna-munisipaliteit is die doel van die seminaar om weer te kyk na die verwoesting wat die brande veroorsaak het, die stappe wat gedoen word om die omgewing te herstel in heroënskou te neem en die uitdagings te oorweeg om soortgelyke gebeurtenisse in die toekoms te vermy.

Cobus Meiring van die Southern Cape Landowners Initiative (SCLI), ’n fasiliteerder van die seminaar, sê in ’n inligtingstuk die brande en die voortslepende droogte in die Wes-Kaap is aanduidings daarvan dat die streek ’n nuwe era binnegaan en dat hulpbronne toenemend beter as tevore bestuur sal moet word. Volgens hom was die brande ’n wekroep vir inwoners van die Suid-Kaap.

Diegene wat verantwoordelik is vir die toekomstige beplanning in die streek is dit eens dat dinge nooit weer soos voorheen sal kan voortgaan nie. Die versuim om vir die toekoms te beplan, gekoppel aan die meedoënlose verandering in weersomstandighede, kan katastrofies wees, sê hy.

* Donderdag van 16:00 tot 18:00 word ’n byeenkoms op Sentraalstrand in Plettenbergbaai gehou ter herinnering aan die dag toe brande ook daar gewoed het.

Meer oor:  Eleanor Bouw-Spies  |  Knysna-Brande  |  Standbeeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.