Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Stapper (80) sterf op berge naby Kirstenbosch
Reddingsdienste is Dinsdag na die berge bo die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin ontbied, waar ’n 80-jarige stapper gesterf het.Foto: WSAR

’n 80-jarige man is Dinsdagoggend dood toe hy saam met ’n groep teen die berge wes van die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad gestap het.

Wildernis Soek en Redding (WSAR) is om 11:30 ontbied ná ’n oproep ontvang is dat die man mediese probleme ervaar het ná ’n staptog op Tafelberg.

Reddingswerkers is na Constantianek ontbied om toegang tot ’n bergpad te verkry bo die Cecilia-woud, wes van die Botaniese Tuin.

Met hul aankoms het lede van die groep reeds die man probeer bybring en was verdere pogings nie suksesvol nie.

Sy lyk is teen die berg af in ’n viertrekvoertuig geneem om aan die forensiese patologiedienste oorhandig te word.

Meer oor:  Sterfgeval  |  Stapper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.