Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Stapper oorleef ná hy 5 m tot in stroom val

’n Stapper is die naweek ernstig beseer nadat hy vyf meter ver geval het en in ’n stroom wat kniediep is, beland het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die man wat vermoedelik 24 jaar oud is, het in Newlands Forest in Nuweland gaan stap.

“Ander stappers het paramedici omstreeks 12:30 na die man vergesel, waarna daar bevind is dat hy ernstig beseer is,” sê Van Huyssteen.

Van Huyssteen sê die stapper het vermoedelik op die rand van die rivieroewer gestaan, waarna hy moontlik gegly en sodoende op klippe in die stroom geval het.

“Die ander stappers het die man uit die stroom getrek en hom op die oewer gelos. Die paramedici het hom op die rivieroewer gekry en daar behandel,” sê Van Huyssteen.

Paramedici van ER24, Metro Rescue en Life Healthcare het die stapper op die toneel gestabiliseer voordat hy hospitaal toe geneem is.

Die stapper het ’n gebreekte gewrig, interne beserings en frakture aan die gesig en kaak opgedoen.

Meer oor:  Nuweland  |  Fratsongeluk  |  Beseer  |  Stapper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.