Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Steel ouers se kar, drink, ploeg deur winkelmuur
Die Nissan X-trail wat deur die Marula Mall in Alldays geploeg het. Foto: Facebook

’n Jong man wat sy ouers se motor gesteel het, was blykbaar dronk toe hy met die wit Nissan X-trail deur die muur van ’n winkelsentrum geploeg het.

Johan Gilfillan, eienaar van die Marula Mall in Alldays in Limpopo, sê daar gebeur nie baie op dié dorpie, sowat 150 km noordwes van Polokwane, nie.

“Dit is die eerste keer in ’n honderd jaar wat so iets in Alldays gebeur,” sê Gilfillan.

Volgens Gilfillan het die seun van ’n bekende inwoner van die piepklein dorpie Vrydagaand glo die motor “gesteel”.

“Die man het my gebel en om verskoning gevra vir sy seun se optrede. Ons sal later byeenkom en die saak uitpraat,” sê Gilfillan. Hy wil nie hul identiteit bekendmaak nie.

Die motorbestuurder en drie vriende het glo gedrink voordat hy omstreeks 01:00 Saterdagoggend deur die muur gejaag het.

Gilfillan sê daar is ’n hoop grond in die rotstuin voor die winkelsentrum se muur.

Die motor het vroeg Saterdagoggend deur die muur van die winkelsentrum in Alldays in Limpopo gery. Foto: Facebook
Mense kyk Saterdagoggend na 'n motor binne in die muur van Marula Mall in Alldays. Foto: Facebook

“Die man het die hoop grond getref wat hom toe airborne gemaak het.”

Die motor is etlike meters bo die grond aan die onderkant van die winkelsentrum se naambord deur die muur.

Die bestuurder het nie seergekry nie en was ook nêrens te vinde toe die polisie opgedaag het nie.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê twee seuns en twee meisies tussen 17 en 19 jaar oud is lig beseer in die ongeluk.

Hulle is na ’n private kliniek in Louis Trichardt gevat. Die polisie het die bestuurder van die motor eers Sondag opgespoor.

Volgens Ngoepe het die bestuurder van die motor ’n geldige rybewys.

Die T-aansluiting by die Marula Mall in Alldays in Limpopo. Foto: Facebook

Die polisie ondersoek ’n klagte van roekelose en of nalatige bestuur.

Gilfillan sê daar is gelukkig nie skade aan die leë winkel aan die ander kant van die muur nie. “Daar gaan ’n ysterwarewinkel oopmaak, maar die geluk by die ongeluk was dat daar Vrydagaand nog niks in die winkel was nie.”

Daar is ’n winkel in die sentrum met die naam Route572, genoem na die R572-pad wat deur Alldays gaan.

“Mense spot nou en sê die bestuurder wou letterlik die Route572 gevat het.”

Die Marula Mall is oorkant ’n T-aansluiting geleë waar ’n mens links draai na die dorpsgedeelte van Alldays. Draai mens regs by die T-aansluiting, lei die pad na Swartwater en die Pontdrift-grenspos na Botswana.

Meer oor:  Limpopo  |  Motordiefstal  |  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.