Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Stene nog te koop by monument

Die geld wat ingesamel is deur dele van die Voortrekkermonument te “verkoop”, sal hom tot November toe aan die gang hou.

Weens die groot finansiële druk waaronder die Voortrekkermonument tydens die nasionale staat van inperking is, word dele van die monument tans verkoop.

Kopers ontvang ’n sertifikaat wat aandui watter stukkie van die gebou aan hulle behoort. Dit word ook in die monument se argief opgeteken.

Cecilia Kruger, besturende direkteur, sê die verkope verloop baie goed.

“Aan die begin van Augustus gaan ons ’n nuwe tema vir Vrouemaand begin waarin verskeie tapisserieë verkoop gaan word,” sê Kruger.

Dele van die monument wat nog te koop is, is onder meer van die granietstene, sommige vensters, die ossewaens om die monument, asook tapisserie-panele.

Die granietstene word teen R100 elk verkoop.

Kruger sê al die groot, belangrike kunswerke is reeds verkoop.

Van die dele wat reeds verkoop is, is onder meer die senotaaf vir R50 000 en sommige marmerpanele teen R100 000 elk.

Van die dele wat reeds verkoop is, is onder meer die senotaaf vir R50 000 en sommige marmerpanele teen R100 000 elk.

Sy sê sowat R1,5 miljoen is ingesamel deur dié dele te verkoop.

Die Voortrekkermonument het ook vir drie maande uitbetalings van die Werkloosheidsversekeringsfonds ontvang, sê Kruger.

“Dit het ons ook ’n baie goeie hupstoot gegee.

“Soos sake nou staan, met die personeellede op drie-dag-werkweke, kan ons die einde van November haal.”

Indien al 60 000 die granietstene in die monument verkoop word, sal die monument die einde van die finansiële jaar in Februarie bereik.

Teen Vrydag was daar meer as 49 000 granietstene nog beskikbaar.

Kruger sê tans is daar baie min mense wat die monument besoek en sy hoop dat meer besoekers sal kom sodra die toerismebedryf weer heropen.

Nóg ’n manier waarop die Voortrekkermonument ’n inkomste maak, is deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Hier staan ons-konsertreeks.

Kruger sê die monument het sowat R30 000 ontvang ná Steve Hofmeyr se vertoning.

Vertonings wat nog uitgesaai sal word, is dié van Corlea Botha, Nianell en Monique Steyn op 9 Augustus ter viering van Vrouedag, asook Jannie Moolman op 13 September.

“Wat vir ons baie belangrik is met dié konserte, is die ongelooflike blootstelling,” sê Kruger.

“Ons het hoop . . . Ek kan nie toelaat dat die hoop vervaag nie.”

Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument  |  November
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.