Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sterkman se vrou glo veilig nadat sy verdwyn

Die wêreld se sesde sterkste man se derde vrou was minstens 24 uur vermis, maar is Maandagmiddag opgespoor.

Johan (Strongman) Els van Christiana in Noordwes is bekend vir sy wêreldtitels in sterkmankompetisies. Hy besit ook Ouboets Pub, ’n kroeg op die dorp.

Hy het Sondag ’n foto van Yolandie, sy vrou van drie maande, op Facebook geplaas waarin hy vra dat mense hom help om haar op te spoor.

“My pragtige vrou Yolandie Els is vermis. As enigiemand haar sien of iets weet, kontak my asseblief dadelik. Die polisie en speurders doen ook als wat hulle kan.”

Die foto wat Johan “Strongman” Els Sondag op Facebook geplaas het.

Jannie van der Merwe, Yolandie se pa, en talle ander het Maandag laatmiddag onderaan Els se plasing geskryf Yolandie is veilig.

Els het nie Maandagmiddag sy selfoon beantwoord nie. Hy het ook nie op boodskappe reageer nie.

Die egpaar het in Oktober verlede jaar ’n tradisionele troue in Lesotho gehad ingevolge die Basoeto-tradisie. Els en Yolandie het elk drie kinders uit ’n vorige huwelik.

In Mei 2018 is Els as die wêreld se sesde sterkste man aangewys nadat hy aan The World’s Strongest Man-kompetisie in Manila in die Filippyne deelgeneem het.

* Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder vir Noordwes, is geen voorval van iemand wat vermis word, Sondag in Christiana aangemeld nie.

Botma het ’n beroep op inwoners gedoen om dadelik ’n vermistepersoonsaak oop te maak as iemand vermis word.

Die egpaar het in Oktober ’n “tradisionele troue” in Lesotho gehad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.