Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Steve dalk nie volgende jaar by AIG in Kaap

Kapenaars wat groot aanhangers is van die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr sal dalk tot ’n volgende keer moet wag om hom op die verhoog te sien.

Steve Hofmeyr. Foto: Argief

Dit blyk nou dat Hofmeyr nie in die Afrikaans Is Groot (AIG)-vertoning in Maart volgende jaar in Kaapstad sal optree nie.

Sun International, eienaars van die GrandWest-casino waar dié konsert weer volgende jaar gehou sal word, sê hulle is ingelig Hofmeyr sal nie in Maart 2020 by AIG optree nie.

“Die Afrikaans Is Groot-konsert in GrandWest in Maart moet nog deur die organiseerders bevestig word, maar ons is meegedeel dat Steve Hofmeyr nie by die program ingesluit is nie,” sê Sun International in ’n verklaring.

Dit kom nadat Sun International die organiseerders van AIG in Augustus gevra het om Hofmeyr se deelname aan dié megakonsert te heroorweeg. 

Brendon Hargrove, uitvoerende vervaardiger van die AIG-vertonings, het by navraag nie bevestig of ontken dat Hofmeyr nie sal optree nie.

“Ons sal binnekort ’n aankondiging doen. Wees asseblief geduldig. Ons sal die besonderhede op ons platforms bekend maak.”

Netwerk24 het vroeër berig dat daar op senior vlak bevestig is dat die AIG-konsertreeks nie by GrandWest aanvaar sal word met Hofmeyr op die verhoog nie. 

Sun International het voorheen gesê die AIG-konsert waarin Hofmeyr sal optree sal in November vanjaar in Pretoria voortgaan weens kontraktuele verpligtinge.

Ons kan ook nie vereis dat die organiseerder Steve Hofmeyr verwyder van die program nie.

Die konsert in Maart in Kaapstad is ’n herhaling van dié vertoning.

Hoewel die konserte dieselfde is en Hofmeyr nou nie in die tweede een sal optree nie, is dit onduidelik wat die kontraktuele implikasies hiervan vir hom sal wees.

Anthony Leeming, uitvoerende hoof van Sun International, het vroeër gesê hulle het regsadvies ingewin en is ingelig dat hulle nie kan weier om die gasheer vir die konsert in Pretoria in November te wees nie.

“Ons kan ook nie vereis dat die organiseerder Steve Hofmeyr verwyder van die program nie,” het Leeming toe gesê.

Sun International het ook gesê hulle sal in die toekoms beter beheer uitoefen oor watter tipe vertonings op hul verhoë uitgevoer word, “om die waardes van ons Grondwet, soos nierassigheid, geen diskriminasie en respek vir almal, te beskerm”.

Mervyn Naidoo, bestuurder van GrandWest, het vroeër gesê hulle het ’n “voorlopige bespreking” vir AIG in 2020. Die organiseerders moet glo nog die datum bevestig.

In Maart het Solidariteit Helpende Hand na vore getree as ’n nuwe vennoot van AIG en ’n spesiale galakonsert bemark. Kaartjies het aanvanklik R700 gekos, maar die verkope het gesukkel en die kaartjiepryse is verlaag.

Virseker, die Solidariteit-groep se versekeringsvennoot, het hom ook stil-stil as borg van AIG onttrek.

Meer oor:  Aig  |  Steve Hofmeyr  |  Afrikaans  |  Konsert  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.