Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Steve kry dit hotagter oor negatiewe Bokke-twiet

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het onder Twitter-gebruikers deurgeloop nadat hy ’n negatiewe twiet gedeel het wat verband hou met die Springbokke se Wêreldbekersege in Japan.

Terwyl die res van die land nog feesvier oor die oorwinning, het Hofmeyr Maandag ’n Netwerk24-berig op sy Twitter-rekening gedeel waarin pres. Cyril Ramaphosa Suid-Afrikaners aanmoedig om, soos die Springbokkaptein, Siya Kolisi, vra, saam te werk.

Steve Hofmeyr. Foto: Deaan Vivier

Maar Hofmeyr was nie ingenome met dié beroep op eenheid nie.

“Kom ek vertaal,” het Hofmeyr getwiet: “Laat die Siya-inspuiting jou verlam sodat jy nie sal terugbaklei as ons die grond onder jou gat kom uitgryp omdat jy blank is nie.”

Die Springbokke se oorwinning oor Engeland Saterdag word grootliks gesien as ’n positiewe gebeurtenis wat Suid-Afrikaners uit verskillende agtergronde verenig het.

Hoewel ’n beduiende aantal Twitter-gebruikers gunstige kommentaar oor Steve se uitlating gelewer het, het die meeste hom oor die kole gehaal.

Die televisie-aanbieder en radio-omroeper Rian van Heerden het op Twitter gevra of “ons nie maar ’n crowd funding-veldtog (kan begin) om fkn Steve Hofmeyr te help emigreer nie?”

Van die Twitter-gebruikers het Hofmeyr vergelyk met die EFF-leier Julius Malema.

@KolaKomedia het getwiet: “Steve = Malema. Net die moedertaal verskil, maar jul kommentaar en politieke siening is identies.”

Ander het Hofmeyr daarvan beskuldig dat sy twiet negatief is.

@Jakkalsn het getwiet: “Hou op met jou k*k negatiewe houding. Begin volgende Maandag weer die regses agter jou kry en gaan dán aan met jou politiek. Ek bly ’n groot Steve-die-sanger-aanhanger, maar jou politiek maak my naar.”

Ander Twitter-gebruikers het weer vir Hofmeyr in die bresse getree.

@Fransie94463227 het getwiet: “Stem saam Steve. 1995 sou die land verenig, maar dit het nie. Nou 24 jaar later sal dit ook nie.”

Dr. Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het die naweek in ’n Twitter-storm beland nadat hy ’n omstrede twiet oor die Wêreldbeker gedeel het.

“Geluk aan #SiyaKolisi...die res van julle kan julle gelukwensinge by Prins Harry kry,” lui Ndlozi se twiet.

Prins Harry, wat die eindstryd bygewoon het om die Engelse te ondersteun, het die Bokke ná hul oorwinning in hul kleedkamer geluk gaan wens.

Ndlozi is uit alle oorde veroordeel, selfs deur EFF-ondersteuners wat gemeen het sy reaksie was onvanpas.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Sosiale Media  |  Twiet  |  Bokke-Twiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.