Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Steve: Nuwe baba, nuwe CD, nuwe boek
Romy-lee saam met pappa Steve. Foto: Felix Dlangamandla

Daar is ’n paar nuwe dinge in Steve Hofmeyr se lewe: sy vier maande oue meisiekind Romy-lee, ’n nuwe CD én ’n nuwe boek.

Dié 53-jarige popsanger oor wie min mense nie ’n opinie het nie, het vroeër die week die sluier gelig oor waaroor sy roman, Die onaantasbares (Zebra), gaan.

In ’n wegbeweeg van sy vroeëre, meestal meer historiese fiksie, waag Hofmeyr dit vanjaar met ’n soort whodunnit.

In kort gaan die storie oor ’n huurmoordenaar wat verlief raak en “die gevolge is dodelik”.

“Maak nie saak hoeveel ek skryf nie . . . as ek nou klaar moeg geskryf is, kom ek agter uiteindelik skryf ek ’n novelle,” het Hofmeyr gesê.

Steve Hofmeyr met Romy-lee in hul huis in Midrand. Foto: Felix Dlangamandla

Dié jongste boek is skaars 200 bladsye en as jy deurdruk, gaan jy hom in ’n sitting of twee kan deurdraf.

“Die whodunnit-ding is vir my lekker, want ek hou van die vervlegde manier om ’n storie te vertel.

“Natuurlik het ek die laaste tien, 12 jaar baie tyd bestee aan Afrikaanse misdaad . . . rillers, alles van Deon Meyer en die jonger manne tot Peet Venter.”

Hofmeyr meen die riller of misdaadfiksie is ’n wonderlike genre, maar die uitdaging is daardie mengsel van boeiend en bondig.

“Dis twee dinge waarvan ek nog baie kan leer . . . die misdaadgenre is baie meer toeganklik.

“Maar dié boek het nie polisie in nie, dit gaan eerder oor soldate. Ons is nog die kinders wat twee jaar army toe moes gaan . . .

* Lees die volledige onderhoud volgende week op Netwerk24.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Musikant  |  Skrywer  |  Cd  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.