Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Steve nie op AIG-verhoog in Kaapstad

Steve Hofmeyr het Woensdag aangekondig dat hy onttrek uit die Afrikaans is Groot (AiG)-konsert in Kaapstad.

“Na gesprekke met die Afrikaans is Groot-direksie het ek besluit om terug te staan sodat die AiG-konserte in Kaapstad in 2020 wel kan plaasvind.”

Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr. Foto: Deaan Vivier

Hy skryf op sy Facebook-blad hy doen dit in belang van sy kollegas en die groot produksiespan. 

“Ek verstaan die enorme uitdagings in terme van infrastruktuur en koste en wat die verlies aan inkomste aan my medekunstenaars sal doen.

“Ek besef dat Sun International ons hul lokaal in die Kaap sal weier as ek nie die besluit maak nie.”

Hofmeyr skryf verder dit sal hom altyd grief dat geld, borge en politieke narratief “ons kultuur en ons kunste vandag voorskryf.”

“Ek ken nie daardie taal nie en ek het geen behoefte om dit ooit te leer praat nie. Ek buig nie die knie voor die haters van vryspraak nie en geen boikot sal my oor my volk se griewe maak swyg nie.”

Volgens Hofmeyr sal sy toere voortgaan.

Meer oor:  Aig  |  Steve Hofmeyr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.