Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Steve sê hy sukkel geldelik weens ‘boikot’

“My inkomste het nou geval na 2002-syfers. Ek kan nie meer konserte aanvaar in gewone venues nie. Dis riskant.”

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr sê hy en sy vrou, Janine, sukkel met hul begroting. Foto: Instagram

So skryf die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr op Facebook in ’n lang relaas waarin hy ook weer kommentaar lewer oor die Ghoema-musiekeerbewyse.

Die trust wat die eerbewyse bestuur, die Ghoema Musiek Trust, het voordat die pryse op 17 April op ’n glansgeleentheid by die Sun Arena in Pretoria uitgedeel is, ’n omstrede besluit geneem om Hofmeyr se benoeming vir beste musiekvideo vir “Die land” te onttrek.

Hofmeyr sing die lied saam met Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit.

Lees die organiseerders se verklaring hier.

Hofmeyr meen in sy inskrywing op Facebook die Ghoema-dispuut probeer “palms swaai oor ’n diep, ou wond”.

“Soos ’n bejaarde nar met rumatiek.”

Hy meen daar behoort egter net een vraag oor die Ghoema-dispuut te wees en dit moet wees of ’n benoeming weens politieke inmenging onttrek moet word of nie.

“Eenvoudige keuse. Mag sensuur afgedwing word soos in die ou dae toe toekennings weerhou is op grond van politiek, seks en kerk? Ja of nee.”

Hofmeyr sê dat ’n paar “nugter kunstenaars wat weet dat dit môre hul beurt kan wees” nog aan sy kant veg, terwyl “die res dink hulle is onaantasbaar”.

“Meeste het die skreiende etiek van ouds skoon vergeet. ’n Jong sangeres, soos Demi Lee, verstaan dit.”

Die sangeres Demi Lee Moore het ’n Ghoema-prys vir die beste musiekvideo vir die liedjie “Mis eet slaap herhaal” gewen en dit aan Hofmeyr en die kunstenaars wat die Ghoemas geboikot het, opgedra.

Hofmeyr bekla verder op Facebook sy lot en dat hy weens sy politieke uitsprake geïsoleer word, wat die gevolg het dat hy en sy vrou met hul begroting stoei.

Steve Hofmeyr en die sangeres Demi Lee Moore wat haar Ghoema-eerbewys aan Hofmeyr opgedra het. Foto: Instagram

“Ek mis my Julius-dae, die dae van klubs, klere en groot karre. Julius wat skree vir bloed, dra Gucci. Ek wat vra vir minder slagtings in Afrika, is die mees geboikotte sanger op die kontinent. Ek word geïsoleer.

“My CD’s bly nommer een en my konserte bly vol, maar die skrif is aan die Nasionaal Demokratiese muur. Ek voel my meer en meer soos my eie mense. Is dit nie die eerste kwalifikasie om jou volk te dig nie? Om sy hartklop te ken nie?

“Ek beplan om ons pyn en wanhoop vir nog lank te verwoord. Selfs in my dood.”

Hofmeyr meen maatskappye soos MultiChoice, MTN en Toyota, wat hul borgskap aan Afrikaans is Groot vroeër die jaar weens Hofmeyr se deelname onttrek het, probeer ’n skrikbewind voer om ander ’n “politieke narratief te maak dien” en ’n anti-Afrikaner-gees te probeer afdwing.

“En almal wat dit bevraagteken, sal geslaan word met die geldsweep. Hulle slaan ons, want hulle weet ons sal buk vir die houe. Ons, selfs in ons onskuld, is professionele wangdraaiers.”

Meer oor:  Ghoemas  |  Steve Hofmeyr  |  Konserte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.