Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Steve se lied nie meer gespeel as Bulle opdraf
Steve Hofmeyr

“Die Blou Bul”-liedjie van Steve Hofmeyr sal dalk voortaan nie meer, soos gewoonlik, op Loftus Versfeld in Pretoria gespeel word wanneer die tuisspan op die veld uitdraf nie.

Dié jare lange tradisie kan nou tot ’n einde kom omdat die Blou Bulle se bestuur glo “iets anders wil probeer”.

Hofmeyr se liedjie het nie aan die begin van die afgelope Curriebeker-wedstryde gespeel nie, erken Shanil Mangaroo, woordvoerder van die Blou Bulle-rugbyunie.

Ons het dié liedjie op die laaste wedstryd gespeel en die skare het goed daarop gereageer. Dit het ’n heerlike handeklap-ritme.

Hy ontken dat dié besluit geneem is oor Hofmeyr se omstrede politieke uitlatings.

“Die liedjie is nie van Loftus verban nie. Ons sal aanhou om dit in die toekoms te speel, maar dit gaan dalk nie meer aan die begin van ’n wedstryd gespeel word nie,” sê hy. Daar is niks negatiefs aan die besluit nie. Ons wou letterlik net iets anders probeer.”

Volgens Mangaroo het hy self gaan tel hoeveel keer “Die Blou Bul” in die vorige twee wedstryde op die Bulle se tuisveld gespeel is – twee keer in die wedstryd teen die Leeus en drie keer in die laaste wedstryd teen die Pumas.

Daar is nog nie bepaal watter liedjie moontlik “Die Blou Bul” kan vervang nie, maar volgens Mangaroo word die popgroep Queen se “We Will Rock You” sterk oorweeg.

“Ons het dié liedjie op die laaste wedstryd gespeel en die skare het goed daarop gereageer. Dit het ’n heerlike handeklap-ritme. Daar was baie kinders en ouer mense in die skare wat saam op die maat van die liedjie hande geklap het.”

Hofmeyr het Woensdag op Facebook geskryf dat “Die Stem” en “Die Blou Bul” nou weer in die spervuur is omdat dit verkiesingstyd is.

“Goeie tradisies is tog lank nie meer tradisies in Suid-Afrika nie. Elke vier jaar in die aanloop tot die verkiesing is ‘Die Stem’ en ‘Die Blou Bul’ se kop op die blok,” lui die inskrywing.

“As stadions en unies ons nie soek nie, bly ons weg.”

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Loftus Versfeld  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.