Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Steve sê sy seun ‘sal moet leer’ ná bakleiery

Steve Hofmeyr sê sy seun, Devon, “sal moet leer” nadat hy erg beseer is in ’n bakleiery by ’n kuierplek in Centurion.

Steve het Saterdag op Twitter sy seun vaderlik berispe. Hy het sy boodskap begin en dankie gesê vir almal wat omgee, en gesê Devon word Maandagoggend geopereer.

“Maar hy gaan hieruit MOET leer. Ek het (’n) vreeslose aktiviste nodig, maar vir aktivisme. Niks anders nie. Elders SAL hy nederig MOET leer bly,” was Steve se woorde.

Hy voeg ook by Devon se aanvallers het oorboord gegaan.

Devon Hofmeyr Foto: Facebook

Devon is Donderdagaand erg aangerand buite die Platteland- dans- en diskoklub in Centurion, nadat daar klaarblyklik ’n onderonsie in die kuierplek ontstaan het.

Christo de Villiers, ’n kollega by Devon se veiligheidsonderneming, het Vrydag gesê Devon was in daardie stadium nog in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Centurion met ’n gebreekte kakebeen en bloeding op die brein.

Daar is reeds berig Claudio de Jonge, een van die bestuurders by die kuierplek, het Vrydagmiddag gesê hy het nie self die voorval sien gebeur nie, maar op beeldmateriaal lyk dit asof Devon en nog mense in die klub in ’n onderonsie betrokke was.

Devon is gevra om die klub te verlaat, waarna die bakleiery buite die klub voortgegaan en vererger het.

Steve se aanhangers het met boodskappe van ondersteuning op sy Twitter-inskrywing gereageer.

* “Sterkte Steve ons dink aan hom!! Dankie vir die omgee pa wat jy is.”

* “Ons almal was jonk, dinge gedoen sonder om aan gevolge te dink... sterkte daar.”

* “Gelukkig kom saam met grysheid wysheid. Sterkte. Niks lekker as jou kinders onwel is nie.”

* “Hy is jonk, Steve. Hardegat, maar sy hart is op die regte plek. Liefde en sterkte vir jou en jou gesin!”

Steve Hofmeyr se boodskap op Twitter.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.