Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: Steve bring verkeer tot stilstand
Steve Hofmeyr word ná die uitvoering van sy liedjie “in hegtenis geneem”.

Dit was ’n eenmalige gebeurtenis dat Steve Hofmeyr met sy gesingery verkeer tot stilstand gebring het.

“Ek het dit net een keer gedoen. Dis die veiligste,” het Hofmeyr geskerts nadat hy Dinsdagoggend die spitsverkeer in die noorde van Pretoria tot stilstand gebring het met die video-opname van sy nuwe liedjie “Feeslied”.

Vir die opneem van “Feeslied” het Hofmeyr besluit om die “hele Zambesi (nou Sefako Makgatho-rylaan) tot stilstand te bring met ’n flash mob” – en dít 07:00 die oggend.

“Ons is in groot moeilikheid as jy my vra. Kyk hoe lyk dit daar buite. Dit is chaos,” sê hy in die video.

Daar was tot dansers met vlamme.

Hy het kort daarna uit ’n bakkie geklim en met motoriste begin praat. Soos hy langs die motors begin loop het, het een motorryer hom selfs geskel dat “hy moet gaan werk”. Daarna het hy op ’n vragmotor, wat skuins oor die pad gestaan het, geklim en die liedjie uit volle bors begin sing.

Daar was selfs ’n harlekyn, dansers en vuurblasers.

Teen die einde van die video word Hofmeyr kamstig in hegtenis geneem.

Omstanders het uit hul motors geklim om foto’s van Steve Hofmeyr te neem.

Binne ure nadat hy ’n video van die verfilming op sy Facebookblad gedeel het, het meer as 160 000 mense reeds daarna gekyk.

Meer as 4 000 mense het kommentaar op die Facebook-inskrywing gelewer en dit is al meer as 6 000 keer gedeel.

Baie van sy ondersteuners wou weet of hy dít weer sal doen – en waar?

Flash mobs werk beter in Amerika, nie hier nie. Ek was banger vir die publiek as vir die polisie,” sê hy weer laggend.

Die Sefako Makgatho-rylaan is vir Steve Hofmeyr se video tot stilstand gebring.

Hoewel die polisie hom van die toneel verwyder het, is hy darem nie in hegtenis geneem nie.

“Dit was lekker pret. Die liedjie is so neutraal. Ons het die beste reaksie van swart mense gekry wat saam begin dans het.”

Gerhard van Rooyen van Team GVR, regisseur van dié musiekvideo, hanteer gereeld musiekvideo’s vir Afrikaanse sangers soos Karlien van Jaarsveld en haar kleinboet, Bobby.

“Dit was Steve se idee (om die video in die verkeer te verfilm). Ons het dit regtig amper eers op die N1-snelweg by die Garstfonteinweg-afrit gedoen.”

Rochelle Bowers Carstens skryf by Hofmeyr se Facebook-plasing: “Steve, jy is ’n doring!”

Cornelia Brandon sê: “Loooooooove dit! Jy, Steve, is net vir ons . . . Gaan vir goud! Ons is met jou.”

Englie Botha het gemeen dit was die “beste verkeersknoop ooit”.

Die geredigeerde en finale musiekvideo van “Feeslied” is later die aand ook op Hofmeyr se Facebookblad geplaas.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Musikant  |  Sanger  |  Verkeer  |  Musiek  |  Sing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.