Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Stian Bam se nuwe liefde

Die akteur Stian Bam het ’n nuwe liefde gevind – ’n Matie wat byna twee dekades jonger is as hy.

Stian Bam (regs) het nuwe liefde gevind by Handré Basson in Stellenbosch. Foto: Facebook

Handré Basson (23), volgens sy Facebook-profiel ’n BSc Agric-student, het die afgelope week ’n foto van hulle op Facebook geplaas met dié woorde: “Ek het een ding geleer die afgelope jaar. Ek het geleer dat wanneer jy iemand bitter lief gekry het, maak dit nie meer saak wat die res van die wêreld sê nie, dink of doen nie.

“Ek het ook geleer dat liefde nie geslag ken nie. Dat liefde werklik is. Ook dat liefde geen ouderdom ken nie.”

Bam (42) is in 2009 met Truda Serfontein getroud en hulle het twee kinders, ’n seun (7) en ’n dogter (4).

Hulle is besig om te skei, het hy dié week aan Rapport gesê. “Dit is al meer as ’n jaar dat ek nie meer by my gesin woon nie.” Hy en Basson het mekaar tien maande gelede toevallig ontmoet en toe “wortel geskiet”, skryf hy op Facebook.

“Ek wou daarteen baklei, myself verset en dit ontken, soos soveel keer vantevore, maar ek kon dit nie regkry nie,” skryf hy.

Stian Bam en Truda Serfontein is in 2009 getroud. Hulle is besig om te skei.

Hy het duidelik die skoot hoog deur: “Jy is die Isis. Ek Osiris.” En: “Ons is die rotsvy en die krans op Gifberg. Op mekaar aangewese om te oorleef,” skryf hy.

Basson is ewe verlief. “Ek het hierdie man liefgekry met my hele bestaan. En so sal dit wees – hierdie tipe liefde wens ek vir al my vriende toe. Ek het jou lief, Stian Bam.”

Bam skryf weer: “Jou liefde ken geen perke nie. En jy gee dit vir my en my kinders sonder skaamte. Dankie dat ek nou saam met jou kan stap en aanvat wat voorlê.”

Bam se planne om by vanjaar se KKNK op te tree is deur Covid-19 in die wiele gery.

“Ek sit nou by die huis,” sê hy. “Die ergste op die oomblik is dat ek my kinders nie kan sien nie. Hulle bly by hul ma.”

jaco.nel@rapport.co.za

Meer oor:  Stian Bam  |  Sanger  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.