Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Stil meisie’ (14) van Upington laat groot leemte

Sy was ’n stil meisie wat daarvan gehou het om grappies te maak, sê mense oor Esmeralda Isaaks, die 14-jarige meisie wie se lyk verlede week in Upington gevind is.

’n Roudiens is Donderdag in die stampvol skoolsaal van die Laerskool Simbruner gehou. Sy was ’n leerling aan dié skool.

Esmarelda Mckay, woordvoerder van die staat se kommunikasiediens (GCIS), sê haar klasmaats en onderwysers is baie hartseer en getraumatiseerd.

Klasmaats van Esmeralda Isaaks (14), wie se lyk in die veld gevind is, neem Donderdag afskeid van haar tydens die roudiens. Van links is Edlin Nel, Erica Maasdorp, Theresa Tompies, Mary-Ann Sterrenberg, Rosy Mienies en Carol-Ann Liva. Foto: Juadien Kock

“Hulle het haar beskryf as die stil, hulpvaardige meisie in die klas wat lief was vir lag en grappies maak”

Neville Eiman, waarnemende skoolhoof, sê haar klasmaats is steeds geskok en hartseer nadat Esmeralda se lyk vroeër die maand in die veld by Belview gevind is.

“Dit is maar ’n moeilike tyd vir hulle.”

’n Ingeligte het ná die lykskouing beweer haar lyk het meer as tien steekwonde.

Esmeralda sou in Oktober 15 jaar oud word.

“Ons is sterk, en vat dit dag vir dag,” sê Sharon Julie, haar tante aan moederskant.

Esmeralda was baie naby aan haar twee niggies, wat ’n tweeling is.

“Hulle praat nie eintlik daaroor nie.”

Sy het by Julie en haar ouma Maria Julie gewoon. Haar ma is jare gelede dood. Haar pa, Risando Isaaks, bly ook in Upington. Esmeralda het ook ’n ouer broer, Viasco.

Inwoners van Upington het verlede week ’n optog gehou om hul misnoeë oor die geweld teen vroue uit te druk.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die roudiensbrief vir Esmeralda Isaaks (14), wie se lyk in die veld gevind is. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.